SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número4Attitudes and opinions regarding mother-tongue education and the choice of a university: Afrikaans-speaking students at Unisa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

GILIOMEE, Hermann. Die troebel toekoms van die Afrikaners en Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.4, pp.571-595. ISSN 2224-7912.

Die opkoms van die Afrikaners as 'n verpolitiseerde etniese groep, wat onder die Nasionale Party in beheer van die staat was, en van Afrikaans as amptelike taal, was een van die belangrikste politieke ontwikkelings in die twintigste eeu. Gedurende die 1970's het die NP-regering onder toenemende druk gekom en in 1994 het dit die mag aan die African National Congress oorgedra. Oor die daaropvolgende twintig jaar is die staatsdiens radikaal getransformeer, en het Engels die de facto openbare taal geword. Afrikaners moes nie slegs leer om sonder poltieke mag klaar te kom nie, maar moes ook worstel met 'n krimpende demografiese basis. Afrikaans-medium skole en universiteite moes nou groot getalle opneem wat verkies het om hul onderrig in Engels te ontvang. 'n Geleentheid wat in 2001 opgeduik het om die posisie van Afrikaans in twee universiteite te beveilig, is verspeel. Wit mense in die boonste range van die arbeidsmark het op groot skaal die openbare sektor en groot korporasies verlaat en hulle tot selfindiensname gewend. In die laer range van die arbeidsmark het die oorgrote meerderheid wit mense werk gekry, maar dikwels onder die tradisionele vlak van wit lewensbestaan. Meer as die helfte van die Demokratiese Alliansie se ondersteuning is Afrikaanssprekendes. Die party se poging om swart steun te wen, maak dit egter huiwerig om hom uit te spreek teen die afskaling van Afrikaans of transformasie in die werkplek. Afrikaans het gefloreer veral op kultuur- of woordfeeste, in die publikasie van fiksie en op KykNet. Dit verloor egter ernstig grond op universiteitsvlak as gevolg van die onwilligheid van senior akademici, universiteitsbesture en universiteitsrade om vir die taal op te staan. Dit is nie meer vergesog om die moontlikheid te voorsien dat die Afrikaners as etniese groep en Afrikaans oor die medium termyn as openbare taal kan verdwyn nie.

Palabras clave : Afrikaans; Afrika-nasionalisme; Afrikanernasionalisme; apartheid; demografie; Demokratiese Alliansie; een-party dominasie; Engelse oorheersing; etnisiteit; kultuurfeeste; liberale demokrasie; sakeleiers; sosialisme; taalsterfte.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons