SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

JANSEN VAN VUUREN, Renée; VAN WYK, Carlien  y  DE KLERK, Werner. Die hantering van alledaagse bekommernisse deur laerskoolleerders. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.3, pp.542-560. ISSN 2224-7912.

In hierdie studie is die alledaagse bekommernisse en laerskoolleerders se hantering daarvan verken en beskryf deur die benutting van 'n beskrywende kwalitatiewe navorsingsontwerp. Dertig laerskoolleerders in hulle laat middelkinderjare (tien tot elf jaar) is in 'n spesifieke skool deur 'n eenvoudige ewekansige steekproef geselekteer. Data is deur die voer van semi-gestruktureerde, een-tot-een onderhoude ingesamel. Die data-analise is volgens Braun en Clarke se metode van tematiese analise gedoen. Temas en subtemas is gevolglik geïdentifiseer en bevindinge is met verwysing na relevante literatuur geverifieer. Die bevindinge van die studie dui daarop dat bekommernisse op intra- en interpersoonlike vlak ervaar en hanteer word. Op intrapersoonlike vlak is bekommernisse geïdentifiseer oor sekere emosies wat ervaar word. Hantering op hierdie vlak geskied deurdat die deelnemers verkies om alleen te wees; hulle probeer nie aan bekommernisse dink nie; huil, skryf of teken in dagboeke; deur gebed, eet of te slaap. Op interpersoonlike vlak is bekommernisse rakende die skool, die gesin, vriende en verlies geïdentifiseer. Hantering op hierdie vlak geskied deur tyd te spandeer met gesinslede; vriende; die media; troeteldiere of deur vir ondersteuning by die skool te vra. Aanbevelings word gemaak dat skole sekere aspekte ten opsigte van skoolklimaat en verhoudingswelstand in ag moet neem om skoolleerders te help om alledaagse bekommernisse te hanteer en so moontlike gesonde ontwikkeling bewerkstellig. Daarom is dit belangrik dat skole en ouers bewus gemaak word van kinders (laerskoolleerders) se alledaagse bekommernisse en hoe hulle dit hanteer, sodat die laerskoolleerders beter ondersteun en bygestaan kan word.

Palabras clave : Alledaagse bekommernisse; psigososiale ontwikkeling; hantering; laerskoolleerders; laat middelkinderjare; beskrywende kwalitatiewe navorsingsontwerp; intrapersoonlik; interpersoonlik; bewustheid; ondersteuning; skoolklimaat; verhoudingswelstand.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons