SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

GOUWS, Rufus H. Makrostruktuuraanpassings vanaf gedrukte na e-woordeboeke. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.3, pp.481-504. ISSN 2224-7912.

Die heersende leksikografieteorie is primêr ontwerp vir gedrukte woordeboeke. Aanpassings is nodig om 'n omvattende teorie te hê wat vir sowel gedrukte as e-woordeboeke voorsiening maak. Vir 'n algemene leksikografieteorie moet modelle ontwikkel word vir die leksikografiese strukture in e-woordeboeke. Hierdie artikel fokus op een van hierdie strukture, te wete die makrostruktuur. Makrostrukture in gedrukte woordeboeke word bespreek, en daar word aandag gegee aan verskeie ordeningstrukture in e-woordeboeke wat makrostrukturele kenmerke vertoon. Die gebruik van alfabetbalke en die voorkoms van artikeltrajekte en deeltrajekte, asook lemmatrajekte en lemmadeeltrajekte, word ondersoek. Daar word aangetoon dat, alhoewel e-woordeboeke nie tradisionele makrostrukture het nie, daar wel eksterne datatoeganklikheid is, onder meer danksy die gebruik van ordeningstrukture met behulp waarvan die makrostrukturele elemente bereik kan word. Aanpassings vanaf gedrukte woordeboeke het gelei tot die ontwikkeling van eiesoortige kenmerke vir hierdie ordeningstrukture van e-woordeboeke.

Palavras-chave : artikeldeeltrajek; artikeltrajek; e-leksikografie; gedrukte woordeboeke; kitssoektog; kronkelordening; lemmadeeltrajek; lemmatrajek; makro-struktuur; neslemmas; nislemmas; ordeningstruktuur; streng alfabetiese ordening; teoretiese leksikografie; toegangstruktuur.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons