SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número3Using hemispheric integration and film (Fiela se kind) as teaching strategy to improve readingDrama chronicle 2008-9 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STEYN, J.C. Nederlandstaliges se bydraes tot die behoud en erkenning van Afrikaans 1870-1920. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.3, pp.425-445. ISSN 2224-7912.

Die bydrae van Nederlandstalige letter- en taalkundiges, joernaliste, uitgewers en onderwysers tot die sukses van die Afrikaanse taalstryd en die taalbeweging tussen ongeveer 1870 en 1920 is 'n belangwekkende aspek van die geskiedenis van Afrikaans. Drie van die vier manne wat 'n mens met die begin van die 19de-eeuse taalbeweging in verband kan bring, was gebore Nederlanders: Arnoldus Pannevis, Casper Petrus Hoogenhout en Johannes Brill. Die vierde was ds. Stephanus Jacobus du Toit. Een van die belangrikste vroeë Nederlands-gebore skrywers was J. Lion Cachet, outeur van Sewe duiwels en wat hulle gedoen het. Taalkundiges wat vir Afrikaans in die bresse getree het, was W.S. Logeman van Kaapstad en D.C. Hesseling. Ná die Anglo-Boereoorlog het Nederlanders bygedra tot die welslae van Christelik Nasionale Onderwys, wat verseker het dat, naas Engels, Hollands as voertaal en vak in hierdie skole bly voortbestaan het. Met die hulp van dr. W.J. Leyds is ZAR-geld wat voor en in die oorlog na Europa gestuur is, na Afrikanerleiers gekanaliseer om te help met die onderwys en die heroprigting van Hollands-Afrikaanse koerante. Daarnaas was daar morele steun. Ten eerste kon taalaktiviste inspirasie vir die taalstryd kry deur berigte oor die volharding van die Vlaminge in húl stryd. Ten tweede het Nederlandse geleerdes die Afrikaans-aktiviste in hul strewe gesterk deur die bruikbaarheid van Afrikaans, die onbruikbaarheid van Hollands en die waarde van die eerste Afrikaanse werke te beklemtoon. Die belangrikste rede vir die sukses van die Afrikaanse taalbeweging en taalstryd was die toewyding en deursettingsvermoë van die verdedigende Afrikanernasionalisme, maar die Nederlandse betrokkenheid by die taalstryd was 'n faktor van wesenlike belang.

Palabras clave : geskiedenis van Afrikaans; Nederlands; Hollands; taalbeweging; taalstryd; Afrikaner-nasionalisme; Engelse nasionalisme; Afrikaans-Hollandse pers; Nederlandse nasionalisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons