SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue3Meaningfulness as experienced by a group of South AfricansFranchisees' level of satisfaction with the opportunities and threats of franchising author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

JANSEN, Ena. Oxford aan die Amstel: Leerstoel Suid-Afrikaanse letterkunde in Amsterdam 80 jaar oud. Die beginjare en vroeë kontakte met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.3, pp.381-382. ISSN 2224-7912.

Die Amsterdamse leerstoel Zuid-Afrikaanse letterkunde is in 1933 deur die "Stichting tot bevordering van de studie van taal, letterkunde, cultuur en geschiedenis van Zuid-Afrika" ingestel aan wat toe nog de Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam geheet het. Dit was 'n teken van erkenning deur die Nederlandse wetenskap dat Afrikaans uit Nederlands ontwikkel het tot 'n taal in eie reg, tot 'n "selfstandige loot aan die Germaanse taalboom". Op 9 Oktober 1933 het prof. dr. Gerrit Besselaar (1874-1947) sy intreerede as "bijzonder hoogleraar Zuid-Afrikaanse taal-, letterkunde en geschiedenis" gehou. Die leerstoel is ná 'n lang onderbreking tydens en na die Tweede Wêreldoorlog hervat en in die jare '50 en '60 van die vorige eeu beklee deur agtereenvolgens N.P. van Wyk Louw (1950-1958) en H. van der Merwe Scholtz (1959-1962). As gevolg van politieke druk en akademiese boikotaksies is die leerstoel later opgehef, maar ná die demokratiese omwenteling in Suid-Afrika is die tyd ryp geag vir die herinstelling daarvan. In Junie 1999 is 'n konsepvoorstel ingedien by die Fakulteit Geesteswetenskap van die Universiteit van Amsterdam (UvA) en 'njaar later het die "College van Bestuur" toestemming gegee vir die instelling van weer 'n "bijzondere" leerstoel. In September 2001 is Ena Jansen (gebore 1951) benoem, in April 2002 het sy met haar eerste lesingreeks begin en op 11 April 2003 haar intreerede gehou. In die artikel word veral aandag gegee aan die ontstaansjare van die leerstoel en aan kontakte tussen Amsterdam en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Keywords : Suid-Afrikaanse letterkunde; Afrikaans; Afrikaanse letterkunde; onderwys en kultuur; Universiteit van Amsterdam; Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns; akademiese boikot; G. Besselaar; N.P. van Wyk Louw; H. van der Merwe Scholtz; Ena Jansen.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License