SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

PRETORIUS, Phil C.. Die voortbestaan van kulkuns: die dilemma van tegnologiese invloede op die wese van die kunsvorm. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.2, pp.365-378. ISSN 2224-7912.

Kulkuns is eeue lank beoefen via die medium van interpersoonlike kommunikasie. Nabye aangesig-tot-aangesig-kulkuns het noodgedwonge plek gemaak vir televisievertonings. Kulkuns het oorspronklik staatgemaak op die vaardighede van hoogs professionele kulkunstenaars, maar ongelukkig is dit nie meer die geval nie. Met die aanvang van grootskaalse illusieskepping en televisietegnologie het die verwerking of adaptasie van die kunsvorm vir die oudiovisuele media die goëlkuns verander na bloot dokumentêre drama (doku-drama). Televisie het dit vir kulkunstenaars maklik gemaak om illusies deur middel van oudiovisuele effekte te skep. Daarenteen het televisie ook 'n probleem geskep vir die kulkuns, aangesien gehore nou oortuig moet word van die egtheid van 'n toertjie en van die afwesigheid van spesiale oudiovisuele effekte. Tot op hede is 'n mate van sukses behaal met die verskuiwing ("migration") tussen die mediums, veral as in ag geneem word dat kulkunstenaars soos David Copperfield, Criss Angel, David Blane en Suid-Afrika se Martino en Wolfgang Riebe bekendheid deur hul televisie-optredes verwerf het. Hierdie kulkunstenaars het hul kunsvorm suksesvol aangepas van die verhoog na die oudio-visuele medium. Hierdie artikel bied 'n krities-beskrywende oorsig van die probleme wat kulkunstenaars ondervind in die verwerking van kulkuns van die een medium na 'n ander, asook van die moontlike stappe wat kulkunstenaars kan neem om die gehoor te oorreed om hul ongeloof op te skort. 'n Oorsig oor die geskiedenis van kulkuns as 'n interpersoonlike, aangesig-tot-aangesig-uitvoeringsvorm word gebied, waardeur die tegnieke van kulkuns in die teatermilieu uitgelig word. Verder word 'n analise gebied van die persepsies van die gehoor/toeskouer met betrekking tot die effek wat televisie op die tegniese toepassing van kulkuns het. Laastens word die oorredingstegnieke bespreek wat deur kulkunstenaars gebruik word om die kunsvorm se voortbestaan in nuwe media te verseker.

Palabras clave : kulkunstenaar; kulkuns; illusie; adaptasie of verwerking; televisie; media; spesiale effekte; goëlkuns; tegnologie; oudiovisueel; oorreding.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons