SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2Parents' experience of participation in an equine-assisted parental guidance programmeThe survival of magician's magic: the dilemma of the influence of technology on the art of magician's magic índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DU TOIT, Nina; ELOFF, Irma  y  MOEN, Melanie. Die doeltreffendheid van die skoolondersteuningspan binne die Suid-Afrikaanse inklusiewe onderwysstelsel. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.2, pp.341-364. ISSN 2224-7912.

Alhoewel die begrip inklusiewe onderwys en opleiding verwys na 'n relatief nuwe sisteem in Suid-Afrika, vorm dit 'n integrale deel van die breër onderwysondersteuningstelsel. Die skool-ondersteuningspan verskaf ondersteuning aan sowel leerders met leer- en ontwikkelingshindernisse as aan onderwysers en ouers/versorgers, binne die skoolverband en spesifieke leeromgewings. Hierdie studie het die doeltreffendheid van die skoolondersteuningspan in vyf primêre hoofstroomskole in die Wes-Kaap, op grond van bepaalde kriteria, ondersoek. Data is ingesamel deur middel van gestruktureerde vraelyste, individuele en fokusgroeponderhoude, veldnotas en die ontleding van toepaslike dokumentasie. Elf kriteria is ontwerp om gesamentlik as 'n evalu-eringsinstrument te dien. Die doeltreffendheid van die vyf skoolondersteuningspanne is vervolgens geëvalueer en volgens 'n konseptuele raamwerk in bepaalde kategorieë geplaas. Daar is bevind dat die vyf skoolondersteuningspanne op die meeste terreine redelik doeltreffend funksioneer. Ten opsigte van hul samestelling is al vyf spanne doeltreffend. Op die terreine wat betref oriëntering en opleiding van spanlede, onderwysers en ouers/versorgers van die leerders met leer- en ontwikkelingshindernisse, funksioneer al vyf spanne egter ondoeltreffend. Verdere navorsing wat betref ondersteuningsisteme in inklusiewe skole word aanbeveel.

Palabras clave : skoolondersteuningspan; inklusiewe onderwys; doeltreffendheid; spesiale behoeftes; leerhindernisse.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons