SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2A principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BESTER, Garfield. Irrasionele oortuigings van adolessente wat groepdruk ervaar. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.2, pp.304-323. ISSN 2224-7912.

Vir adolessente word die verhouding met maats die primêre omgewing waar sosiale interaksie en ontwikkeling plaasvind. Die sterk behoefte om gedurende hierdie periode sosiaal aanvaar te word, kan tot groepdruk aanleiding gee. Faktore wat met groepdruk verband hou soos verhouding met ouers, verhouding met maats en selfbeeld is sosiaal-affektief van aard en verklaar nie sonder meer hoe adolessente kognitief oor sosiale aangeleenthede in hulle lewe dink en redeneer nie. Die vraag ontstaan in hoe 'n mate die denke en redenasies van adolessente verband hou met hulle kwesbaarheid vir groepdruk. In die ondersoek is daar spesifiek op irrasionele denke en oortuigings van adolessente gefokus. 'n Empiriese ondersoek is uitgevoer waarby 316 hoërskooladolessente betrek is. Uit die resultate blyk dit dat veral drie tipes irrasionele oortuigings met groepdruk verband hou. Twee van hierdie irrasionele oortuigings tesame met selfbeeld verklaar soveel as 44% van die variansie in groepdruk by adolessente. Seuns en dogters het nie beduidend ten opsigte van groepdruk verskil nie en slegs beduidend verskil met betrekking tot een van die drie geïdentifiseerde irrasionele oortuigings. Die drie prominente irrasionele oortuigings het ook nie tussen adolessente in verskillende ouderdomsgroepe beduidend verskil nie.

Palabras clave : Adolessensie; groepdruk; gedragsprobleme; ouerkindverhouding; verhouding met maats; selfbeeld; irrasionele oortuigings; rasionele-emosionele gedrags-terapie; RET; ouderdom; geslag.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons