SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BEZUIDENHOUT, Henri  and  KLEYNHANS, Ewert. 'n Evaluasie van die Afrika-Unie as internasionale organisasie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.2, pp.267-282. ISSN 2224-7912.

Die halfeeu-viering van die Organisasie vir Afrika-Eenheid (OAE) en die eerste dekade van die Afrika-Unie (AU) is gedurende 2013 gevier. Hierdie studie evalueer die sukses van die AU as internasionale organisasie (IO). Eerstens is die teorie van IO's bestudeer, wat daarna as agtergrond dien deur middel waarvan die Afrika-Unie geassesseer kan word. Die rol en optrede van die AU in besondere gebeure, soos in Zimbabwe, Somaliland, die Arabiese lente, die DRK en Darfoer, is teen hierdie teoretiese agtergrond beoordeel. Daar is bevind dat die AU gedurende sy eerste dekade 'n groot mate van sukses op sekere gebiede bereik het, maar dat dit ook in baie gevalle nog gebrekkig gebly het. Die AU het 'n al groter wordende rol om te speel in die internasionale arena as supranasionale regering, en as bemiddelaar van streeksintegrasie en samewerking. Hulle was suksesvol om 'n kollektiewe internasionale ekonomiese eenheid te vorm, maar het meestal misluk om konflikte te beredder en 'n kultuur van demokrasie te vestig. Die slotsom is dat alhoewel die AU gemengde resultate behaal het, daar 'n groeiende sukseskoers bestaan en dat die AU dus nie sonder meer as 'n algehele mislukking bestempel kan word nie.

Keywords : Afrika; Afrika-Unie; OAE; Afrika-politiek; internasionale organisasie; streekskonflik; streeksintegrasie; streeksamewerking; supranasionale organisasies; neofunksionalisme; demokrasie; kohesie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License