SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2The use of body maps by educators in fulfilling their pastoral roleUbuntu values: societal and educational expectations índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WISSING, Daan. Die wals van Afrikaanse "a" met "l". Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.2, pp.248-266. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word verslag gedoen van 'n reeks ondersoeke na die spraakproduksie van 'n enkele jong, vroulike spreker - 'n bekende radiopersoonlikheid verbonde aan Radio Sonder Grense, van wie dit bekend is dat sy die lang /a/-vokaal tot [u] rond. Die resultate van hierdie akoesties-fonetiese ondersoek word vergelyk met dié van soortgelyke vorige studies maar wat van 'n veel oppervlakkiger aard is. In die ondersoek is veral gefokus op die invloed wat /l/ kan hê op voorafgaande vokale. Dit geld veral kort /a/, soos in byvoorbeeld 'n geslote sillabe in /al/ (in wals), of in 'n oop sillabe, soos in /a-ta/ (alle). Lang /a/ is ook hier ter sprake, byvoorbeeld in /mal/ (maal) en /ma-la/ (male). Die spreker se akoestiese metinge in terme waarvan ronding van lang /a/ tot [u] bepaal is, naamlik veral die tweede vokaalformantfrekwensie (F2), kom in 'n beduidende mate ooreen met dié wat in vorige studies gevind is. Dit word uitgewys dat ook kort /a/ merkbaar tot [u]1 voor /l/ 'n geronde kwaliteit aanneem, veral in geslote sillabes. Hierdie bevinding ten opsigte van die rondende neiging van kort /Q/ is nog nie tevore waargeneem, geanaliseer en beskryf nie. Die laterale konsonant /l/ na agtervokale blyk 'n donker kwaliteit te hê weens die terugtrek van die tongliggaam, wat soms daaraan 'n retrofleksiewe eienskap verleen (Hamann 2003). Hier is sprake van 'n waarskynllike koartikulasie tussen sodanige donker [1] en voorafgaande /a/, met as resultaat 'n geronde [u]. Dit is ook die geval met die lang /a/, waarvan dit reeds bekend is dat dit in benadrukte posisies gerond word. Voor [1] blyk dit nog meer die geval te wees. /l/-velarisasie is 'n verskynsel wat waarskynlik by hierdie studie betrek behoort te word. In die resultate van 'n post hoc-ondersoek, waarby 'n ultrasoniese aftaster en 'n lip- videokamera gebruik is, word hierdie vermoede bevestig. Ander faktore wat ook moontlik 'n rol kan speel by hierdie verskynsel is nie in hierdie studie in ag geneem nie. Lin, Beddor en Coetzee (2013) noem woordfrekwensie as 'n beïnvloedende faktor by /l/-vokalisasie; dit kan moontlik ook van toepassing wees by velarisasie. Recasens en Espinosa (2005) noem ook nog verskille in artikulasiesluiting, dorsopalatale kontakgrootte, sluitingsduur en formantfrekwensie. Laasgenoemde is van toepassing by die prominente rol van F1 wat in die huidige ondersoek gevind is. Afgesien van die te verwagte verhoging van F2, suggereer die resultate wat in hierdie studie gevind is, 'n meer prominente rol van F1. Dit is hier selfs 'n sterker leidraad vir ronding in die geval van beide vokale. Die resultate bevestig die siening dat die Afrikaanse vokaalsisteem, veral wat betref die lang /a/-ronding, aan die verander is, en dit suggereer ook die moontlikheid dat kort /a/ dieselfde pad mag volg. Die gedrag daarvan voor /l/ ondersteun sodanige waarskynlikheid. Dit hou interessante konsekwensies in vir 'n beter begrip van die proses van, en die teorie oor taalverandering in die algemeen.

Palabras clave : /a/-ronding; akoestiese analise; donker [f]; gevallestudie; klassieke Afrikaans; koartikulasie; /l/-velarisasie; Moderne Afrikaans; taalverandering; vokaalformantfrekwensies.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons