SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número2Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspectiveThe use of body maps by educators in fulfilling their pastoral role índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER MERWE, Theo. Ekonomie en meertaligheid: 'n herbesinning oor die Suid-Afrikaanse taalbeleid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.2, pp.217-234. ISSN 2224-7912.

Daar word geargumenteer dat taal meer as net 'n kommunikasiemiddel is en dat die kulturele aspek of intrinsieke waarde van taal nie geïgnoreer mag word nie. Die koste van meertaligheid word dikwels oorbeklemtoon, terwyl die sosiale voordele onderskat en selfs oor die hoof gesien word. Dit het daarom nodig geword om meertaligheid in Suid-Afrika vanuit 'n ekonomiese perspektief te ontleed. Meertaligheid skep 'n positiewe eksternaliteit en die sosiale welvaart van Suid-Afrika kan verhoog word indien die sosiale voordele van meertaligheid die koste oorskry. Eentaligheid bevoordeel hoofsaaklik die elite en lei tot die verdere uitsluiting van minderbevoorregtes. Verder weerspreek dit ook die Suid-Afrikaanse Grondwet. Sensus 2011 word gebruik om aanbevelings oor 'n werkbare en bekostigbare meertalige beleid vir Suid-Afrika te maak, aangesien dit 'n meer objektiewe norm is. Vier amptelike tale, naamlik Afrikaans, Engels en die Nguni- en Sotho-tale, word vir nasionale regeringsvlak aanbeveel, bepaal deur die aantal eerstetaalsprekers van die onderskeie tale. Die Nguni- en Sotho-tale word saamgegroepeer in ooreenstemming met 'n aanbeveling van Alexander. Drie tot vier tale word as amptelike tale op provinsiale vlak aanbeveel ten einde Engels as lingua franca te akkommodeer. Hierdie voorstelle verteenwoordig 'n meer praktiese, uitvoerbare en bekostigbare taalbeleid en sal boonop verseker dat die huidige amptelike tale steeds as amptelike tale op ten minste een van hierdie twee owerheidsvlakke gebruik word. Belangegroepe sal egter druk op die regering moet uitoefen om te verseker dat meertaligheid verwesenlik word, gegewe die onverskilligheid van die regering in dié verband tot dusver.

Palabras clave : billikheid; eentaligheid; ekonomie; fiskale ruimte; lingua franca; markmislukking; meertaligheid; positiewe eksternaliteit; sosiale welvaart; Suid-Afrika; taalbeleid; veeltaligheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons