SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisationWho are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DE BEER, Fanie. Die herbetowering van 'n ont-towerde wêreld. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.2, pp.205-216. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word besin oor die begrip wêreld, die gebruik daarvan, die sin daarvan, die geldigheid en omvang daarvan. Die moontlike diepgaande aard daarvan word ondersoek, asook die aannames wat daaroor geld. 'n Antwoord op die vraag "in watter wêrelde lewe ons?" word gesoek waartydens veral die verband tussen wêreld- en sinskepping bespreek word. Hierbenewens word die onttowering van die wêreld bespreek, die vanselfsprekendhede wat dit huisves, die faktore wat dit verwesenlik, die onvermydelikheid daarvan en die uitdaginge wat dit bied. Daar word eweneens besin oor die mate waartoe die onttowering ons mense se maaksel is en die mate waartoe dit sinverlies en nihilisme verwesenlik omdat die wêreld onleefbaar gemaak word. Sou die herbetowering (skepping, maakbaarheid) van of die luisterverlening aan hierdie wêreld 'n geldige en haalbare en noodsaaklike opsie wees wat ook die skepping en invensie van sin verwesenlik? Indien wel, wat sou die verwagtinge wees? Waarop sou die klem moes val en sou dit wel, soos sommige aandui, die karakter van 'n stryd moes aanneem ten einde wêreldskep-ping en sinvervulling te verwesenlik?

Keywords : Onttowering; herbetowering; meervoudige konnektiewe intelleksie; ekosofie; komposisionele denke; wêreldinvensie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License