Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
SLABBERT, Irene; MENTZ, Elsa e OOSTHUIZEN, Izak. Die ergonomies ideale rekenaarlokaal vir die daarstel van leerdergeborgenheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.111-128. ISSN 2224-7912.
Indien rekenaarlokale in skole nie aan die eise van ergonomiese geborgenheid voldoen nie, kan dit tot groot nadeel strek vir almal wat daarby betrokke is. Vir die leerders kan dit algemene gesondheidsrisko's soos skeletale afwykings, hoofpyn en sigprobleme inhou, wat dikwels eers in die leerders se volwasse jare begin realiseer. Daarbenewens kan hierdie gesondheidsprobleme wat uit sulke swak ontwerpte lokale voortspruit, tot gevoelens van onsekerheid en niegeborgenheid by die leerlinge aanleiding gee. Vir die betrokke onderwysers en die skool as sorgsame toesighouers van die leerders, kan 'n verwyt van nalatigheid en die moontlikheid van aanspreeklikheid vir skadevergoeding ontstaan. In 'n kwalitatiewe interpretivistiese studie by al die hoërskole met rekenaarlokale in een bepaalde streek in die Noordwes-provinsie, het dit aan die lig gekom dat nie een van hulle ergonomies korrek ontwerp en bestuur is nie. Voorstelle word gemaak vir die dringende regstelling van hierdie probleem. Die eerste stap is om goedkoop en voor die hand liggende maatreëls toe te pas, deur byvoorbeeld net 'n kussing op 'n stoel te plaas, die rekenaarskerm op 'n paar ou boeke te plaas om dit op te lig, kabels en alle papier wat op die vloer lê en 'n brandgevaar kan veroorsaak, te verwyder. Van die ander aanbevelings wat gemaak word, behels groter betrokkenheid vanaf die kant van die provinsiale onderwysdepartement, meer fondse vir die korrekte inrigting van lokale en groter bewusmaking by onderwysers, skoolhoofde en leerders.
Palavras-chave : ergonomie; rekenaarergonomie; ergonomie in skole; rekenaar-gesondheidsrisiko; klaskamerveiligheid; geborgenheid; leerdergeborgenheid; rekenaarlokaalveiligheid.