SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1Student teachers' interpretation and use of learning theory conceptsThe perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SLABBERT, Irene; MENTZ, Elsa  y  OOSTHUIZEN, Izak. Die ergonomies ideale rekenaarlokaal vir die daarstel van leerdergeborgenheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.111-128. ISSN 2224-7912.

Indien rekenaarlokale in skole nie aan die eise van ergonomiese geborgenheid voldoen nie, kan dit tot groot nadeel strek vir almal wat daarby betrokke is. Vir die leerders kan dit algemene gesondheidsrisko's soos skeletale afwykings, hoofpyn en sigprobleme inhou, wat dikwels eers in die leerders se volwasse jare begin realiseer. Daarbenewens kan hierdie gesondheidsprobleme wat uit sulke swak ontwerpte lokale voortspruit, tot gevoelens van onsekerheid en niegeborgenheid by die leerlinge aanleiding gee. Vir die betrokke onderwysers en die skool as sorgsame toesighouers van die leerders, kan 'n verwyt van nalatigheid en die moontlikheid van aanspreeklikheid vir skadevergoeding ontstaan. In 'n kwalitatiewe interpretivistiese studie by al die hoërskole met rekenaarlokale in een bepaalde streek in die Noordwes-provinsie, het dit aan die lig gekom dat nie een van hulle ergonomies korrek ontwerp en bestuur is nie. Voorstelle word gemaak vir die dringende regstelling van hierdie probleem. Die eerste stap is om goedkoop en voor die hand liggende maatreëls toe te pas, deur byvoorbeeld net 'n kussing op 'n stoel te plaas, die rekenaarskerm op 'n paar ou boeke te plaas om dit op te lig, kabels en alle papier wat op die vloer lê en 'n brandgevaar kan veroorsaak, te verwyder. Van die ander aanbevelings wat gemaak word, behels groter betrokkenheid vanaf die kant van die provinsiale onderwysdepartement, meer fondse vir die korrekte inrigting van lokale en groter bewusmaking by onderwysers, skoolhoofde en leerders.

Palabras clave : ergonomie; rekenaarergonomie; ergonomie in skole; rekenaar-gesondheidsrisiko; klaskamerveiligheid; geborgenheid; leerdergeborgenheid; rekenaarlokaalveiligheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons