SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1Sustainability reporting in the mining sector: identifying critical issuesThe interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GEERTSEMA, Salomé  and  LE ROUX, Mia. Engels Addisionele Taalleerders: Ondersteuning vir fonologiese bewustheidsuitvalle. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.96-110. ISSN 2224-7912.

DOEL: Die hoofdoel van hierdie studie was om die effek van 'n fonologiese bewustheids-opleidingsprogram, binne die raamwerk van tradisionele artikulasieterapie, op leerders met Engels as addisionele taal te ondersoek. As deel van hierdie groter doelwit, is die resultate van die opleidingsprogram op die ouditiewe persepsie van Engelse vokale deur leerders met Engels as addisionele taal bepaal. Die voorlopige invloed van die opleidingsprogram op hierdie leerders se artikulasie van Engelse vokale, reseptiewe en ekspressiewe taalvaardighede en lees- en spelvaardighede is ook ondersoek. RESULTATE: Die tradisionele artikulasieterapie-raamwerk waarbinne Engelse vokale van die leerders met Engels as addisionele taal deur middel van die opleidingsprogram aangespreek is, het 'n positiewe invloed op hierdie leerders se fonologiese bewustheid van Engelse vokale, geletterdheidsonderrig en artikulasie van dié vokale gehad.

Keywords : fonologiese bewustheid; ouditiewe persepsie; tradisionele artikulasieterapie; Engels Addisionele Taalleerders (EAT); Engels Eerste Taalleerders (EET); geletterdheidsonderrig.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License