SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DU TOIT, Christine  e  NEL, Carisma. T2 Woordeskat en onderrig: Integrasie van teorie en praktyk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.75-95. ISSN 2224-7912.

Taalonderwysers word daagliks gekonfronteer met die uitdaging om hulle onderrigmetodes aan te pas by veranderende omstandighede. Tegnologiese en demografiese verandering sowel as die implementering van 'n nuwe kurrikulum het tot gevolg dat onderwysers nie bloot kan onderrig soos wat hulle altyd gedoen het nie. Die kompleksiteit van en toenemend meer diverse leerders noodsaak dat onderwysers moet tred hou met nuwe ontwikkeling op die gebied van navorsing oor bepaalde aspekte binne hulle vakgebied. Dit is in belang van die leerders dat onderwysers, meer as ooit tevore, hulle moet kan verantwoord oor waarom en hoekom hulle doen wat hulle doen in die onderrigsituasie. In 'n onlangse studie oor die onderrig en leer van Afrikaans as addisionele taal, in die dr. Kenneth Kaunda Distrik in die Noordwes-Provinsie, was dit duidelik dat die meerderheid onder-wysers nie nuwe en ontluikende teorieë gekoppel het aan hulle praktiese onderrigvaardigheid nie. Die grootste bekommernis wat uit hierdie studie voortgespruit het, was dat hierdie onderwysers ook nie spesifieke opleiding in die onderrig van 'n addisionele taal ontvang het nie. Die doel van hierdie artikel is om aan te toon hoe sekere teorieë noodsaaklik is om onderwysers te kan ondersteun in die onderrig van woordeskatverwerwing in Afrikaans Addisionele Taal. Hierdie teorieë verskaf 'n grondige motivering vir die wat en hoe addisionele tale onderrig behoort te word.

Palavras-chave : addisionele taal; T1 (moedertaal); T2 (tweede taal); inligtingsverwerwing; multimedia; werkgeheue; geheue; langtermyngeheue; leksikon; inligtingverwerking; woordeskat.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons