SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTMDollarisation as economic solution for the Zimbabwean demise índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

TERBLANCHE, Otto. Die Nederlandse kulturele boikot teen Suid-Afrika: 'n Ontleding. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.37-55. ISSN 2224-7912.

'n Kultuurverdrag is in 1951 tussen Nederland en Suid-Afrika onderteken. Dit is in 1953 bekragtig. Die anti-apartheidsaksiegroepe het veral in die 1970's 'n heftige veldtog gevoer teen die wyse waarop die bepalings van die verdrag deur die betrokke Suid-Afrikaanse instansies uitgevoer is. Die anti-apartheidsaktiviste het geoordeel dat slegs wit, nasionalistiese Afrikaners daardeur bevoordeel is en dat die swart bevolking nie daarby gebaat het nie. Daarbenewens het die Suid-Afrikaanse owerhede Nederlanders wat krities ingesteld was teenoor die apartheidsbeleid toegang tot Suid-Afrika geweier. Die Nederlandse regering het gevolglik die bepalings van die verdrag in 1977 bevries. Die verdrag is in 1981 amptelik opgehef. Die anti-apartheidsaktiviste in Nederland en die ANC was sterk ten gunste van die totale kulturele isolasie van Suid-Afrika. Die AABN het nouer kontak gemaak met die swart Suid-Afrikaanse kunstenaars-in-ballingskap. Nouer bande is gesmee tussen Nederlandse en Suid-Afrikaanse kunstenaars wat teen apartheid gekant was. Kulturele konferensies is in Amsterdam georganiseer om vorm en inhoud hieraan te gee. Die oogmerk was om 'n alternatiewe kulturele ooreenkoms met die ANC aan te gaan. Die belange van alle Suid-Afrikaners moes dus hierdeur gedien word. Die kunste moes hiervolgens aangewend word om apartheid af te takel. Hierdie artikel wil onder meer die vraag beantwoord in hoeverre die Nederlandse kulturele boikot teen Suid-Afrika tot 'n verandering in denke by die Suid-Afrikaanse regering aanleiding gegee het. In welke mate het dit daartoe gelei dat die Afrikaners afstand geneem het van apartheid? Of het die kulturele boikot die Afrikaners verhard in hul standpunt-inname? In die slotbeskouing word hierna terugverwys.

Palabras clave : Nederland; Suid-Afrika; Kultuurverdrag; apartheid; anti-apartheid; African National Congress (ANC); kulturele boikot; kulturele konferensies; Verenigde Nasies; Amsterdam; W.F. Hermans; Anti-Apartheids Beweging Nederland (AABN).

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons