SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1The liberal welfare state: democracy or meritocracy?On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysis author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

STRAUSS, Danie. 'n Sonderlinge wysgerig-estetiese verbindingslyn: Bilderdijk, Dooyeweerd en Malherbe*. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.22-36. ISSN 2224-7912.

Deur oorsigtelik na 'n aantal wysgerige grondprobleme en denkstrominge te kyk, word die weg berei om die besondere posisie van Bilderdijk se sonnet, De Wareld, te waardeer - enersyds oorspan hierdie sonnet die hoofkontoere van die geskiedenis van die filosofie en andersyds gryp dit vooruit na een van die geesteskinders van die verskynsel, die Nederlandse Rèveil, met name die reformatories-wysgerige beweging wat in aansluiting by die gedagte-wêreld van Abraham Kuyper 'n nuwe werklikheidsiening aan die begin van die 20ste eeu ontwikkel het. Vanaf die Stoïsynse oorsaaklikheidsgedagte, via die middeleeuse (neo-Platoniese) problematiek van emanasie en die aard van 'n substansie, tot by die empiristiese en transendentaal-filosofiese oriëntering van Kant loop die sonnet uit op die antwoord dat alles van God afhang en dat die wêreld sy stem is wat ons oproep om hom te vrees. Die verdieping wat Herman Dooyeweerd aan hierdie erfenis gegee het, is deur D.F. Malherbe sowel in wetenskaplike as in digterlike vorm verder gevoer. Die afwysing van die moderne idee dat die mens self-wet-stellend (outonoom) is, hang saam met die herontdekking van die menslike selfheid, sy hart in Bybelse sin, as die religieuse wortel van die mens se bestaan. Benewens 'n verwysing na 'n wysgerig-estetiese artikel, Kuns Selfstandig en Afhanklik word hoofmomente van 'n gedig uit die laaste digbundel van D.F. Malherbe toegelig. Hierdie gedig "Ek" kom uit Agterland.

Keywords : kousaliteit; skeptisisme; substansie; emanasie; vryheid; outonomie; afhanklikheid; uniekheid; samehang.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License