SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTM índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

LOUW, Daniël. Die ikoniese waarde van kuns. Estetika en die poëtiese faktor van spiritualiteit in ver-beeld-ende kunste en ver-beeld-ingryke teologisering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.1-21. ISSN 2224-7912.

Die hipotese dat kuns meer behels as 'n soort kunsvlyt of meganiese handvaardigheid, (maak-moontlikheid), en dat estetika ten diepste 'n spirituele kategorie is wat verwys na die mens se soeke na transendente raamwerke (en aldus 'n ikoniese dimensie besit), word met behulp van die metodologie van 'n poëtiese hermeneutiek ondersoek. In die lig van Sokrates se stelling dat kuns 'n spirituele, siel-saak is (Gombrich 2006:85), en die tese dat die mens wesenlik homo aestheticus is, word gekyk na die spirituele dimensie in veral die visuele en beeldende kunste. As kernfaktor word die wisselwerkende verband tussen verbeelding, inspirasie, verwondering, ekstase, entoesiasme, sin-duiding en kwalitatiewe waardering ondersoek binne die breë verband van die vraagstuk van estetika in kuns. Vanweë die skynbare verband tussen materie en 'n "utopiese bewussyn", word die spirituele dimensie in estetika gebruik om opnuut die betekenis van Gods-beelde teologies te ontsluit. Binne 'n soort religieuse estetika word die Pauliniese uitspraak oor die astheneia, of weerloosheid, swakheid van God, teologies gekombineer met die skreeu-snaakse (bespotlike), maar dwase, kruis-kreet: My God, my God waarom het u my verlaat (derelictio, verlatenheid en verworpenheid).

Palavras-chave : kuns; estetika; spiritualiteit; transendensie; hermeneutiek; homo ludens; homo aestheticus; skoonheid; menswaardigheid; lydende God; verlatenheid; poëtiese skoue; sublimiteit; parodie; paradoks; simboliek; swakheid (astheneia) van Go.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons