SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTM índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LOUW, Daniël. Die ikoniese waarde van kuns. Estetika en die poëtiese faktor van spiritualiteit in ver-beeld-ende kunste en ver-beeld-ingryke teologisering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.1, pp.1-21. ISSN 2224-7912.

Die hipotese dat kuns meer behels as 'n soort kunsvlyt of meganiese handvaardigheid, (maak-moontlikheid), en dat estetika ten diepste 'n spirituele kategorie is wat verwys na die mens se soeke na transendente raamwerke (en aldus 'n ikoniese dimensie besit), word met behulp van die metodologie van 'n poëtiese hermeneutiek ondersoek. In die lig van Sokrates se stelling dat kuns 'n spirituele, siel-saak is (Gombrich 2006:85), en die tese dat die mens wesenlik homo aestheticus is, word gekyk na die spirituele dimensie in veral die visuele en beeldende kunste. As kernfaktor word die wisselwerkende verband tussen verbeelding, inspirasie, verwondering, ekstase, entoesiasme, sin-duiding en kwalitatiewe waardering ondersoek binne die breë verband van die vraagstuk van estetika in kuns. Vanweë die skynbare verband tussen materie en 'n "utopiese bewussyn", word die spirituele dimensie in estetika gebruik om opnuut die betekenis van Gods-beelde teologies te ontsluit. Binne 'n soort religieuse estetika word die Pauliniese uitspraak oor die astheneia, of weerloosheid, swakheid van God, teologies gekombineer met die skreeu-snaakse (bespotlike), maar dwase, kruis-kreet: My God, my God waarom het u my verlaat (derelictio, verlatenheid en verworpenheid).

Palabras clave : kuns; estetika; spiritualiteit; transendensie; hermeneutiek; homo ludens; homo aestheticus; skoonheid; menswaardigheid; lydende God; verlatenheid; poëtiese skoue; sublimiteit; parodie; paradoks; simboliek; swakheid (astheneia) van Go.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons