SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

BREYTENBACH, Adele  y  ROSSOUW, Jannie. 'n Ontleding van vergoedingsneigings in die Suid-Afrikaanse staatsdiens, 2005 tot 2012. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp.635-650. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel ontleed onlangse vergoedingsneigings in die Suid-Afrikaanse staatsdiens (sentrale regering en provinsiale regerings) om redes vir die nominale toename van 145,6 persent in die vergoedingsrekening van die Suid-Afrikaanse staatsdiens vanaf 2005 tot 2012 te bepaal. Die artikel is aanvullend tot navorsing wat in 2010 in hierdie tydskrif gepubliseer is (Padayachee & Rossouw 2010). Die fokus verskil egter van die vorige navorsing. Die artikel toets vyf hipoteses, naamlik (i) vergoeding word met inflasie vir die betrokke tydperk vergelyk om te bepaal in watter mate inflasie en reële aanpassings die toename verklaar; (ii) op grond van 'n vergelyking van die vergoeding van twee poste in die staatsdiens in 2005 en in 2012 word getoets of struktuurveranderings in vergoeding plaasgevind het; (iii) indiensneming in die staatsdiens word ontleed as 'n moontlike verklaring vir die toename in die vergoedingsrekening; (iv) hoër vergoedingsvlakke vir bestaande personeel weens kerfverhogings binne dieselfde posvlak, bevorderings van bestaande personeel en nuwe aanstellings (m.a.w. personeelgroei) op meer senior vlakke word ontleed as moontlike verklarings vir die groei in die vergoedingsrekening; en (v) die moontlikheid dat die skepping van nuwe staatsdepartemente op nasionale vlak tot die groei in die vergoedingsrekening bygedra het, word ontleed. Al die hipoteses word aanvaar. Vergoeding wat bo die inflasiekoers aangepas is en 'n skerp styging in indiensname is redes vir die toename in die staatsdiens se vergoedingsrekening. Staatsdiensvergoeding toon ook 'n struktuuraanpassing oor die tydperk van vergelyking, hoewel nie op middelbestuurvlakke tot onder direkteure nie, maar op topbestuurvlakke. Meer personeel, kerfverhogings, bevorderings en nuwe senior aanstellings het ook tot die toename in die vergoedingsrekening bygedra, asook meer staatsdepartemente. Laasgenoemde aspek is nie direk kwantifiseerbaar nie, maar word deur bevorderings en nuwe senior aanstellings weerspieël. 'n Verdere bevinding is dat die voortsetting van onlangse neigings in die staatsdiens se vergoedingskoste onvolhoubaar en onbekostigbaar is.

Palabras clave : indiensneming; inflasie; owerheidsfinansies; prysstygings; relatiewe vergoeding; staatsdiensvergoeding; vergoedingsaanpassings.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons