SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

UBBINK, M.J.; ROUX, A.A.  and  STRYDOM, H.. 'n Narratiewe postmoderne bemagtigingsbenadering in maatskaplike groepwerk met voorheen benadeelde individue uit agtergeblewe gemeenskappe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp.618-634. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel fokus daarop om maatskaplike werkers toe te rus met insig rakende die bemagtiging van persone vanuit 'n voorheen benadeelde gemeenskap deur gebruik te maak van 'n literatuurstudie oor 'n narratiewe benadering tot maatskaplike groepwerk binne 'n postmodernistiese konteks. Die narratiewe benadering breek weg van 'n outoritêre vorm van gespreksvoering en die verhalende benadering is gepas vir alle kulture. Die narratiewe benadering wag op die ontvouing van die verhaal (wat die persoon se interpretasie is) en die herskryf van die vasgeloopte verhale. Tydens die hulpverleningsproses, behoort gemeenskappe gemotiveer te word om 'n aktiewe rol te vertolk in hul eie ontwikkeling. Die outeurs is van mening dat die gemeenskap se aktiewe deelname aan die identifisering van hulle behoeftes 'n positiewe uitwerking op hul motivering en bemagtiging sal hê. Alhoewel die narratiewe benadering hoofsaaklik gebruik word in terapie, kan dieselfde aannames en beginsels toegepas word binne 'n groepwerk-konteks. Die uitgangspunt van die sosiale konstruksieteorie waarop narratiewe terapie gebaseer is, is dat die "self binne sosiale interaksie gekonstrueer word. Gemeenskapslede word binne die groepwerk-konteks die geleentheid gebied om sin te maak van hul lewens deur lewenservaringe oor te vertel. Maatskaplike groepwerk bied vir die "self'' 'n gedeelte van sy/haar groter sosiale netwerk waarbinne die "self" kan figureer en ontwikkel. Maatskaplike groepwerk met 'n narratiewe grondslag, word verder ook deur 'n postmoderne (eerder as moderne) benadering bestudeer, wat desnieteenstaande meen dat daaglikse gebeure en ervaringe 'n direkte invloed het op die "self en die gemeenskap word dus in verhouding met 'n ingewikkelde netwerk van verhoudings tot ander en die "self beskou. Met self-ontwikkeling en self-bemagtiging in gedagte, word die effek van 'n narratiewe benadering tot maatskaplike groepwerk binne in die maatskaplike werksomgewing gevolglik bestudeer.

Keywords : agtergeblewe gemeenskappe; bemagtiging; maatskaplike groepwerk; postmoderne benadering; voorheen benadeelde individue.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License