SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número4Nihilism and moralityA postmodern empowerment approach in social group work with previously disadvantaged individuals from underprivileged communities índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912

Resumo

VORSTER, J.M. (Koos). Kerkwees in 'n post-sekulêre tyd. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp. 602-617. ISSN 2224-7912.

In 'n televisiedebat in 2004 tussen die Duitse filosoof Habermas en kardinaal Ratzinger, die voormalige Pous van die Rooms-Katolieke Kerk, is die term post-sekulêr aan die orde gestel. Met hierdie term het Habermas gepoog om 'n nuwe paradigma in die Westerse denke en sosiale ontwikkeling, waarin 'n nuwe belangstelling in religie en metafisika na vore kom, te identifiseer. Verskeie kontemporêre gevallestudies bevestig hierdie aanname. Zieberts & Riegel (2009:300), onder andere, beweer dat 'n nuwe vorm van religie besig is om te ontwikkel waarin religie gesien word as 'n onmisbare relevante bron van moreel-gefundeerde sosiale betrokkenheid. Dit is so omdat religie in 'n tyd van morele verwarring gevestigde waardestelsels bied. Hulle kom tot die gevolgtrekking dat hierdie proses nie noodwendig 'n nuwe belangstelling of herlewing van die hoofstroom-tradisionele kerke impliseer nie. Die sentraal-teoretiese argument van hierdie artikel is dat sodanige herlewing van Westerse Christelike kerke in die nuwe opkomende paradigma wel moontlik kan wees. Kerke uit die Westerse Protestantse tradisie in Suid-Afrika kan by die herlewing van godsdiens baat vind indien die belydenis van die kerk as "gemeenskap van gelowiges" weer aan die orde gestel en uitgebou word as 'n sentrale aspek in die verskillende kerkmodelle wat in hoofstroomkerke gehandhaaf word. Die aandag word op die betekenis van die volgende Bybelse metafore gevestig: "Volk van God; Liggaam van Christus en Tempel van die Heilige Gees". Daaruit word afgelei dat die kerk primêr 'n gemeenskap van mense is. Hierdie gemeenskapskarakter moet ontwikkel word sodat die kerk onderskeidelik kan funksioneer as 'n getuigende gemeenskap in dialoog met ander; as 'n terapeutiese gemeenskap met 'n helende bediening; en as 'n morele gemeenskap wat as voorbeeld kan dien van versoening wat bo sosiale verskille uitreik. Dialoog, 'n helende bediening en versoening kan die relevansie van bogenoemde kerke in die post-sekulêre paradigma verhoog.

Palavras-chave : Christelike kerke; gemeenskap van die gelowiges; Liggaam van Christus; Lyotard; meta-narratiewe; modernisme; morele gemeenskap; postmodernisme; sekularisme; Tempel van die Heilige Gees; terapeutiese gemeenskap; transendente; volk van God.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License