SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número4Development and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

ROSSOUW, Johann. Die wel en wee van die gees: Die antieke Grieke, die Kerkvaders en die moderniteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp.558-577. ISSN 2224-7912.

Op inleidende wyse word Pierre Hadot se beeld van die antieke en klassieke filosofie as omvorming van die self in die nastrewing van wysheid, waarin geestelike oefeninge 'n belangrike rol gespeel het, as normatief aangebied. Daarna word drie sake behandel. Eerstens word aandag geskenk aan die ontdekking en kultivering van die gees deur die antieke Grieke en die Kerkvaders. Tweedens word ingegaan op hoe hierdie Grieks-Christelike nalatenskap aan toenemende druk onderwerp is met die opkoms van die moderne territoriale staat, met besondere verwysing na die moderne opvatting van die filosofie binne die universiteit. Derdens word ingevra op hoe die gees vandag opnuut gekultiveer kan word en wat die implikasies vir 'n eietydse verstaan van die filosofie en die universiteit is.

Palavras-chave : gees; antieke filosofie; klassieke filosofie; moderniteit; geestelike oefeninge; aandag; universiteit; Kerkvaders; tradisie; Hadot.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons