SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número4Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

MATTHEE, Machdel. Kuborge en die toekoms van die gees. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp.530-557. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word die invloed van die projek van die bou van denkende masjiene of kuborge op die grondslag van menslike geestelikheid bespreek. Die idee van die kuborge word gebruik om die toekoms te bedink. Die kuborg as supermens word as mite uitgewys, terwyl die ontaarding van die mens as 'n realistiese moontlikheid geskets word. Mense, as geestelike wesens, kom noodgedwonge te staan voor die uitdaging om verantwoordelikheid te aanvaar en die toenemend moeilike balans te bewaar tussen die onmenslike en die supermens wat in ons sluimer. Die onmenslike moet in toom gehou word te midde van 'n openheid vir die radikale kreatiwiteit van die supermens. Dit blyk egter dat die gees verwond en aan bande gelê word deur die onderliggende metafore van meganisering en ontliggaming van die tegnologieë van ons tyd. Die gesprek sluit aan by die stryd om die heropluistering van die gees. Tegnologie kan gebruik word in hierdie stryd maar slegs as mense hulle eindigheid verstaan en aanvaar asook dié van tegnologie. Sodoende sal 'n ryker begrip van menslikheid vorendag kom wat betekenis in mense se lewens bring deur die ontwikkeling en gebruik van tegnologie sinvol te rig.

Palabras clave : kuborg; menslike geestelikheid; heropluistering van die gees; kunsmatige intelligensie; tegnologie; supermens; die onmenslike; meganisering; post-humanisme; menslike toestand.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons