SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número4Monsters and humans: On the spritual and her contemporary absenceCyborgs and the future of the human spirit índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DUVENAGE, Pieter. Die kritiek van tradisie en die tradisie van kritiek in die Geesteswetenskappe. 'n Rekonstruksie van die debat tussen Habermas en Gadamer. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp.530-557. ISSN 2224-7912.

In hierdie bydrae word die bekende debat (1967-1971) tussen Jürgen Habermas en Hans-Georg Gadamer gerekonstrueer. Die debat word hier in noue samehang met die kwessie van die geesteswetenskappe gelees. Die bydrae val in vier dele uiteen. In die eerste afdeling word Habermas se opening tot die debat in vyf onderafdelings uiteengesit. Dit gaan hier oor Gadamer se verdediging van tradisie en Habermas se kritiek op die begrip (1.1). In antwoord op Gadamer se begrip van tradisie ontwerp Habermas sy begrip van kennisbelange wat hy aan drie menslike kennisvelde verbind: empiries-analitiese wetenskappe, histories-hermeneutiese wetenskappe en krities-sosiale wetenskappe. Habermas ken aan elkeen van hierdie kennisvelde 'n bepaalde belang toe (1.2). Die krities-sosiale wetenskappe word dan met die belang van emansipasie verbind wat verder aan die hand van die model van psigoanalise en ideologiekritiek uitgewerk word (1.3). In die vierde plek word Habermas se kritiek op die ontologiseringsmotief in Gadamer se filosofiese hermeneutiek verwoord (1.4). Laastens opper Habermas ook sekere punte van kritiek teen die gebruik van Aristoteles in eietydse debatte in die politiek (1.5). In die tweede gedeelte van die bydrae word Gadamer se antwoord aan Habermas gerekonstrueer. Hierdie rekonstruksie volg dieselfde tematiese opbou as by Habermas. Met ander woorde Gadamer se verweer word met verwysing na Habermas se kritiek op tradisie (2.1) die kwessie van selfrefleksie en die model van psigoanalise (2.2-2.3) die ontologiseringsmotief (2.4) en Aristoteles se praktiese filosofie in ons eie tyd uitgewerk (2.5). In die laaste twee afdelings word die loopbane van Gadamer en Habermas, ná hulle debat, verken (afdeling 3). Die punt hier is dat Habermas sy posisie meer as Gadamer verander het. In die laaste afdeling (4) word die debat binne die kader van die geesteswetenskappe geplaas met die vraag: het ons 'n kritiek van tradisie of 'n tradisie van kritiek nodig wanneer ons in die geesteswetenskappe werk?

Palavras-chave : Jürgen Habermas; Hans-Georg Gadamer; kritiese teorie; kennisbelange; selfrefleksie; psigoanalise; ideologiekritiek; Aristoteles; spel; tradisie; werkingshistoriese bewussyn; hermeneutiese sirkel; horisonsversmelting.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons