SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número4The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa?Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languages índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

GOOSEN, Danie. Monsters en mense: Oor die geestelike en haar moderne afwesigheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp.515-529. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word nagedink oor die verskynsel van die monsteragtige. In die hart daarvan staan die volgende vraag: Kan die denke op 'n gefundeerde wyse na bepaalde handelinge as "monsteragtig" verwys? In aansluiting by die tradisie van filosofiese denke word aangevoer dat die monsteragtige as 'n kontra-geestelike verskynsel verstaan moet word: Terwyl die geestelike in die tradisie van filosofiese en teologiese denke verbind word met die beweging van die gees tussen die immanente en die transendente geheel van dit wat is, hou die monsteragtige verband met 'n beweging ingevolge waarvan die aandag op die immanente (en in die besonder die strewe na selfbehoud) ingekort word. In plaas daarvan om sigself vir die transendente geheel oop te stel, keer die uitsluitlike fokus op selfbehoud (en die goeie wat dit in die tradisie verteenwoordig), om in sy negatiewe teendeel. Na laasgenoemde kan as die monsteragtige verwys word. In aansluiting hierby word aangevoer dat die monsteragtige, juis vanweë die reduksionistiese aard daarvan, nie 'n substantiewe mag is wat op ontologiese gewig kan aanspraak maak nie. Inteendeel, as reduksie van die werklikheid val dit met die "niks" saam. In die slotgedeeltes word stilgestaan by verskillende wyses waarop op die monsteragtige geantwoord kan word. Tydens die era van die modernisme is op die monsteragtige by wyse van die monsteragtige staat (Hobbes se Leviatan) en 'n ewe monsteragtige puristiese moralisme geantwoord. Daarmee het die modernisme 'n dialektiek van die monsteragtige op dreef gebring. Daarteenoor staan die tradisie van filosofiese en teologiese denke, wat nie aan die monsteragtige enige ontologiese substansie toeken nie, maar eerder die voorwaardes vir genoemde dialektiek bevraagteken.

Palavras-chave : gees; gemeenskap; mede-verskyning; deugde; monsteragtige; modernisme; dualisme; onverskilligheid; Aquinas; tradisie; niks.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons