SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ROSSOUW, Jannie. 'n Klein nota oor 'n groot verskil: Persentasieverandering teenoor persentasiepuntverandering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.481-491. ISSN 2224-7912.

Elke vakgebied het sy eie terminologie, wat dikwels na onnodige haarklowery klink vir diegene wat nie daarin geskool is nie. In die ekonomiese, statistiese en wiskundige wetenskappe is daar 'n groot verskil tussen persentasieverandering en persentasiepuntverandering, wat dikwels nie verstaan word deur persone wat nie in hierdie betrokke dissiplines opgelei is nie. Hierdie nota fokus op hierdie verskille. Statisties is 'n persentasieverandering 'n baie eenvoudige berekening. Dit is bloot 'n vergelyking van die verskil tussen twee waardes, uitgedruk uit 100, en word met die simbool "%" voorgestel. Die interpretasie van hierdie berekening is egter problematies as die verskil in waardes tussen twee persentasies bereken word. As 'n eksamenpunt van 60% na 66% toeneem, word dit dikwels verkeerdelik as 'n toename van 6% beskryf. Inderwaarheid is dit 'n toename van 6 persentasiepunte, maar ook 'n toename van 10%. Onderwysdepartemente is ook verkeerd wanneer hulle tipies teen jaareinde verklaar dat die matriekslaagsyfer met 5% vanaf 65% van die matrikulante tot 70% van die matrikulante toegeneem het. Die korrekte gebruik van die verskil tussen persentasieverandering en persentasiepuntverandering is van kardinale belang wanneer dit in regsdokumente soos kontrakte gebruik word. Opvoeding oor die verskille moet reeds op skoolvlak begin. Daar is nie 'n aanvaarde simbool vir persentasiepunt en persentasiepuntverandering, vergelykbaar met die simbool "%" nie, wat impliseer dat laasgenoemde dikwels verkeerdelik gebruik word. 'n Algemeen aanvaarde simbool vir persenstasiepunt en persentasiepuntverandering as gemaklike skryfwyse moet dus ontwikkel word, en "%p" of "p%", wat afgelei is van die simbool vir persentasie, word aan die hand gedoen om 'n debat oor hierdie onderwerp te stimuleer.

Keywords : bankwese; basispunte; ekonomie; verkeerde aanwending van terminologie; persent; persentasiepunt; persentasieverandering; persentasiepunt-verandering; simbool vir persentasiepunt; statistiek; wiskunde.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License