SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue3The part played by Potchefstroom in Voortrekker state formationA small note about a big difference: Percentage change compared to percentage point change author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912

Abstract

GROBLER, Jackie. Louis Tregardt se dagboek as 'n historiese bron. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp. 465-480. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel ontleed die dagboek van Louis Tregardt ten einde die waarde daarvan as historiese bron te bepaal. Tregardt was die enigste Voortrekkerleier wat 'n dagboek bygehou het en wel vir die tydperk van einde Julie 1836 tot die begin van Mei 1838. Hierin vermeld hy, benewens sy daaglikse aantekeninge oor die aktiwiteite waarmee hy en sy trekgenote hulle normaalweg besig gehou het, 'n magdom besonderhede wat nie geredelik in ander bronne beskikbaar is nie. Hy skryf oor sy eie lewens- en wêreldbeskouing, oor onderlinge verhoudinge binne asook tussen Voortrekkergesinne, oor rasse-vooroordele en oor gewelddadigheid. Hy skryf oor verskeie van hulle gebruike, waaronder godsdiens, opvoeding, mediese behandeling, praktyke in verband met dood en begrafnis en eet- en drinkgewoontes. Uitvoerige besonderhede word oor Tregardt en sy trekgenote se leefwereld verskaf, insluitende oor die klimaat, fauna en flora, jag, boerderybedrywighede, veesiektes, behuising, meubels, gereedskap, kleredrag, die onderhoud van ossewaens en trekgereedskap, vervaardiging van gebruiksartikels soos seep, die uitdagings op die trekpad, waaronder roofdiere en veediewe en interaksie met inheemse gemeenskappe en met die Portugese by Delagoabaai. Laastens werp die dagboek lig op die Afrikaans wat destyds gebesig is - 'n aspek wat nie in die artikel ontleed word nie. Aangesien Tregardt se dagboek so 'n verskeidenheid fasette aan die lig bring, is die finale gevolgtrekking dat dit as een van die mees uitstaande dokumente uit die GrootTrek-tydperk beskou moet word en dat die waarde daarvan nie oorskat kan word nie.

Keywords : Louis Tregardt; Dagboek; Groot Trek; Soutpansberg; Tsetsevlieg; Wa; Jag; Veesiekte; Opvoeding; Buys-gemeenskap; Slawerny; Lourengo Marques.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License