SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DU PLESSIS, Hans. Die Groot Trek 175: Storie of historie?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.437-451. ISSN 2224-7912.

In watter mate is die skrywer van 'n historiese roman afhanklik van die feite wat die geskiedskrywing bied? Hoe swaar weeg die historieseromanskrywer se interpretasie van veral die onvolledig gedokumenteerde geskiedenis, soos byvoorbeeld dié van die Groot Trek tussen 1836 en 1844 in die Potchefstroom-omgewing? Dit is die doel van hierdie artikel om die narratief van Hans du Plessis se twee historiese romans, Die pad na Skuilhoek en As die wind kom draai, te stel. Die verhouding tussen die romansier en die geskiedskrywer word onder die loep geneem. Teen die agtergrond van die mite as merker van 'n groep se identiteit word die Voortrekkers as gemeenskap duideliker gedefinieer. Die grensgebied waarvandaan die Groot Trek begin, is groter as die Oosgrens en die gemeenskap wat trek, is veel breër as die byna twintigduisend wit koloniste. Die grensgebied word as Voorpos bespreek en die gemeenskap as 'n heterogene en geïntegreerde kontinuum. Die binneland waarheen hulle trek, word teen die teoretiese agtergrond van Michel Foucault se siening van die utopie as droomruimte en die ander plek as heterotopie bespreek.

Palavras-chave : fiksionaliseer; Frontier; geskiedenis; Groot Trek; heterotopie; historiese roman; historieseromanskrywer; identiteit; kontinuum; Michel Foucault; mite; narratief; pioniersgemeenskap; skryfkuns; storie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons