SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número3 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER MESCHT, Heinrich. Die konteks van die Koninklike Musiekskool en die Koninklike Toonkuns-akademie in München en sy Suid-Afrikaans gebore studente, 1874-99. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.404-424. ISSN 2224-7912.

Die uitgangspunt vir hierdie artikel is die konsep plek. Daar is eerstens gepoog om vas te stel watter Suid-Afrikaanse studente in die 25 jaar tussen 1874 en 1899 aan die Königliche Musikschule (1874) en sy opvolger, die Königliche Akademie der Tonkunst (1892), in München studeer het. Tweedens was dit die doelwit om die studente binne die konteks van die ontwikkeling van die instansies te plaas. Aan watter invloede is die studente blootgestel deur die kontak met interessante medestudente van oor die hele wêreld en die groot verskeidenheid fassinerende dosente? Die belangrikste bronne is die jaarboeke wat elke jaar vanaf 1875 verskyn het (die eerste een oor die akademiese jaar 1874/1875) en beskikbaar is in die Beierse Staatsbiblioteek en die argief van die Hochschule für Musik und Theater in München. Die Musiekskool en die Toonkuns-akademie kan as konserwatief gereken word: Damestudente en manstudente moes aparte ingange en trappe gebruik, en die beroemde komposisie-onderwyser Rheinberger was byvoorbeeld 40 jaar lank 'n dosent. Die volgende vyf persone word bespreek: Hugo Lentz (gebore in Keiskammahoek, studeer toneelspel, 1881-2), Florence Fraser (Philippolis, klavier, 1886-7), Violet Whiteford (Fort Beaufort, sang, 1893-4), Jeannie Muller (Graaff-Reinet, sang, 1895-6) en Johanna Singenberger ("St. Francis", viool en klavier, 1896-8). Navorsing oor die latere lewens van hierdie persone is nou nodig sodat vasgestel kan word hoe hulle die omvangryke indrukke en ervaring wat hulle in die "plek" München versamel het aan hulle gemeenskappe oorgedra het.

Palabras clave : Florence Fraser; Königliche Akademie der Tonkunst in München; Königliche Musikschule in München; Koninklike Musiekskool in München; Koninklike Toonkuns-akademie in München; konteks; Hugo Lentz; Jeannie Muller; konsep plek; Johanna Singenberger; Suid-Afrikaanse musiekstudente; Violet Whiteford.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons