SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue3"It's a time bomb... the ship will sink": Emotional well-being of High School educators in the Helderberg area of the Western CapeRapport's depiction of Robert Mugabe's candidature for the 1980 Zimbabwean independence election author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912

Abstract

VAN DER MESCHT, Heinrich. Die konteks van die Koninklike Musiekskool en die Koninklike Toonkuns-akademie in München en sy Suid-Afrikaans gebore studente, 1874-99. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp. 404-424. ISSN 2224-7912.

Die uitgangspunt vir hierdie artikel is die konsep plek. Daar is eerstens gepoog om vas te stel watter Suid-Afrikaanse studente in die 25 jaar tussen 1874 en 1899 aan die Königliche Musikschule (1874) en sy opvolger, die Königliche Akademie der Tonkunst (1892), in München studeer het. Tweedens was dit die doelwit om die studente binne die konteks van die ontwikkeling van die instansies te plaas. Aan watter invloede is die studente blootgestel deur die kontak met interessante medestudente van oor die hele wêreld en die groot verskeidenheid fassinerende dosente? Die belangrikste bronne is die jaarboeke wat elke jaar vanaf 1875 verskyn het (die eerste een oor die akademiese jaar 1874/1875) en beskikbaar is in die Beierse Staatsbiblioteek en die argief van die Hochschule für Musik und Theater in München. Die Musiekskool en die Toonkuns-akademie kan as konserwatief gereken word: Damestudente en manstudente moes aparte ingange en trappe gebruik, en die beroemde komposisie-onderwyser Rheinberger was byvoorbeeld 40 jaar lank 'n dosent. Die volgende vyf persone word bespreek: Hugo Lentz (gebore in Keiskammahoek, studeer toneelspel, 1881-2), Florence Fraser (Philippolis, klavier, 1886-7), Violet Whiteford (Fort Beaufort, sang, 1893-4), Jeannie Muller (Graaff-Reinet, sang, 1895-6) en Johanna Singenberger ("St. Francis", viool en klavier, 1896-8). Navorsing oor die latere lewens van hierdie persone is nou nodig sodat vasgestel kan word hoe hulle die omvangryke indrukke en ervaring wat hulle in die "plek" München versamel het aan hulle gemeenskappe oorgedra het.

Keywords : Florence Fraser; Königliche Akademie der Tonkunst in München; Königliche Musikschule in München; Koninklike Musiekskool in München; Koninklike Toonkuns-akademie in München; konteks; Hugo Lentz; Jeannie Muller; konsep plek; Johanna Singenberger; Suid-Afrikaanse musiekstudente; Violet Whiteford.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License