SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BASSON, Maylene  and  LE CORDEUR, Michael. Die bevordering van woordeskat en leesbegrip by Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4-6 in Afrikaanse skole. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.377-390. ISSN 2224-7912.

Die uitslae van die Jaarlikse Nasionale Assesseringstoeste toon dat slegs 28% van alle leerders in Suid-Afrika op ' n aanvaarbare internasionale vlak presteer het. Die probleem word verder vererger deurdat Xhosasprekende ouers hul demokratiese reg om hul kinders by Engelse skole in te skryf, uitoefen. Die doel van hierdie studie was om 'n geletterdheidsintervensieprogram te ontwikkel wat 'n verbetering kan bring in die woordeskat en leesbegrip van Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4 tot 6-Afrikaansmediumklasse. Tweedens wou die studie vasstel of die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram wel 'n verbetering in die genoemde Xhosa-moedertaalsprekers se woordeskat en leesbegrip tot gevolg gehad het. Die navorsingsmetode wat gevolg is, was 'n literatuurondersoek gerugsteun deur 'n empiriese ondersoek wat voor- en na-toetse met leerders asook onderhoude met opvoeders ingesluit het. Die teoretiese begronding van die studie het berus op Piaget se teorie van kognitiewe ontwikkeling sowel as Vygotsky se sosiaal-konstruktivistiese taalverwerwingsteorie. Die studie het die kommunikatiewe benadering, gedeelde lees-benadering en die skema-teorie tot tweedetaalverwerwing ondersoek. Die resultate van die ondersoek dui aan dat die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram kan lei tot 'n verbetering in die Xhosa-moedertaalsprekers wat by hierdie studie betrek is, se woordeskat en leesbegrip.

Keywords : geletterdheid; intervensieprogram; moedertaal; woordeskat; leesbegrip; skemata; voor- en natoetse.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License