SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número3Drama chronicle 2008-9Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BORNMAN, Elirea; POTGIETER, Petrus H  e  PAUW, JC. Taalkeuses en -opinies van Afrikaanssprekende studente aan Unisa. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.361-376. ISSN 2224-7912.

Die literatuur oor taalkeuses in veeltalige kontekste wys dat politieke, sosiale en individuele faktore taalkeuses beïnvloed. Dit sluit in: die simboliese waarde van die gebruik van tale anders as Engels, magsverhoudinge, taalideologieë, en plaaslike asook sosiaal-sielkundige faktore. In Suid-Afrika tref ons 'n neiging tot die oorheersing van Engels onder die skyn van veeltaligheid aan. By die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) neem die omvang van onderrig wat slegs in Engels geskied al hoe meer toe en verloor Afrikaans sy voorheen gelyke posisie met Engels. Daarom het die skrywers die taalkeuses en -opinies van Afrikaanssprekende studente aan Unisa empiries ondersoek deur middel van 'n vraelysopname. 'n Totaal van 2 749 studente het in November 2011 'n internetvraelys voltooi. In hierdie artikel berig die skrywers oor 'n seleksie van die inligting wat versamel is. Uit hierdie steekproef het 1 393 studente (50,7%) in Afrikaans gestudeer en 1 314 (47,8%) in Engels. Beduidende verskille is uitgewys tussen die twee groepe op grond van onder andere geslag, ouderdom en kollege. Hoewel studente oor die algemeen trots was op Afrikaans, was dié wat in Afrikaans gestudeer het, beduidend meer trots op hulle taal en baie positief oor die uitkoms van hulle keuse. Studente wat in Engels gestudeer het, het die beskikbaarheid van handboeke en die nut van kennis van Engelse terminologie as redes vir hulle keuse uitgewys. Enkele aanbevelings word gemaak oor hoe Afrikaans as onderrigtaal op tersiêre vlak bevorder kan word.

Palavras-chave : Veeltaligheid; taalkeuse; identiteit; hoër onderwys; onderrigtaal; onderrig in Afrikaans; taalideologie; handboeke; Unisa; taalpersona.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons