SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número3Morality critique and tragic wisdom in the work of Reiner SchürmannPalaeontology and South African society today índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912

Resumo

OLIVIER, Bert. Foucault en die vraag na die verligting. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp. 314-330. ISSN 2224-7912.

Die werk van Michel Foucault is 'n feitlik onuitputbare bron van insig omtrent die wyse waarop 'n mens met die geskiedenis in verhouding staan. Hy stel jou onder andere in staat om in te sien dat dit wat allerweë as noodsaaklik beskou word, eintlik maar die uitkoms is van kontingente (met ander woorde, histories-besondere, nie-noodwendige; die teenoorgestelde van "noodwendige") ontwikkelinge - 'n insig wat verreikende implikasies het vir 'n kritiek van huidige sosiale praktyke. Daarby leer 'n mens by hom wat die verskil is tussen "verligting" in die Kantiaanse sin, en "verligting" in die sin van 'n filosofie van die huidige, wat reg laat geskied, nie alleen aan die (Kantiaanse) universele nie, maar ook aan die kontingente en partikuliere (of besondere). Teen hierdie agtergrond word gevra wat die kontingente praktyke is wat vandag onkrities as "noodsaaklik" beskou word, en wat volgens Foucault se begrip van "verligting" geproblematiseer moet word. Beide sy genealogie van panoptiese dissiplinêre strategieë en van bio-mag word bespreek voordat die relevansie van sy ondersoek na antieke, outonomie-bevorderende praktyke van "die sorg vir die self' vir die moontlikheid van hedendaagse verligting aan die orde kom. By wyse van afsluiting word die belangrikheid van Jacques Ranciére se werk oor demokrasie vir die tema van verligting kortliks bespreek.

Palavras-chave : Baudelaire; bio-mag; dissipline; Foucault; Kant; outonomie; panoptisisme; problematisering; sorg vir die self; verligting.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License