SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número3Franchisees' level of satisfaction with the opportunities and threats of franchisingAfrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

OLIVIER, Bert. Foucault en die vraag na die verligting. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.314-330. ISSN 2224-7912.

Die werk van Michel Foucault is 'n feitlik onuitputbare bron van insig omtrent die wyse waarop 'n mens met die geskiedenis in verhouding staan. Hy stel jou onder andere in staat om in te sien dat dit wat allerweë as noodsaaklik beskou word, eintlik maar die uitkoms is van kontingente (met ander woorde, histories-besondere, nie-noodwendige; die teenoorgestelde van "noodwendige") ontwikkelinge - 'n insig wat verreikende implikasies het vir 'n kritiek van huidige sosiale praktyke. Daarby leer 'n mens by hom wat die verskil is tussen "verligting" in die Kantiaanse sin, en "verligting" in die sin van 'n filosofie van die huidige, wat reg laat geskied, nie alleen aan die (Kantiaanse) universele nie, maar ook aan die kontingente en partikuliere (of besondere). Teen hierdie agtergrond word gevra wat die kontingente praktyke is wat vandag onkrities as "noodsaaklik" beskou word, en wat volgens Foucault se begrip van "verligting" geproblematiseer moet word. Beide sy genealogie van panoptiese dissiplinêre strategieë en van bio-mag word bespreek voordat die relevansie van sy ondersoek na antieke, outonomie-bevorderende praktyke van "die sorg vir die self' vir die moontlikheid van hedendaagse verligting aan die orde kom. By wyse van afsluiting word die belangrikheid van Jacques Ranciére se werk oor demokrasie vir die tema van verligting kortliks bespreek.

Palabras clave : Baudelaire; bio-mag; dissipline; Foucault; Kant; outonomie; panoptisisme; problematisering; sorg vir die self; verligting.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons