SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2The constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

WEYER, Waldo. Die eksotiese element in Stefans Grové se musiek: 'n manifestasie van "kulturele vertaling". Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.2, pp.231-247. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel word gewy aan 'n "komponis van Afrika", 'n reus van die Suid-Afrikaanse musiektoneel, wat in 2012 sy negentigste verjaardag gevier het. Stefans Grové is nog steeds aktief besig om te komponeer en om met ongekende kreatiwiteit en verbeeldingrykheid sy insig in en belewenis van Afrika as kunstenaar uit te beeld. Grové het gedurende die laaste drie dekades internasionaal bekend geword vir veral sy sogenoemde Afrika-reeks waarin hy sy unieke styl gevestig het. Hy het verskeie toekennings vir komposisie verower, onder andere twee eredoktors-grade, en sy naam verskyn in die vernaamste Engelse, Duitse, Nederlandse, Franse, Italiaanse, Sweedse en Sloweense ensiklopedieë (Grové 1990:28). Grové is op 23 Julie 1922 in Bethlehem in die Vrystaat gebore en het sy voorgraadse opleiding aan verskeie Suid-Afrikaanse inrigtings ontvang. In 1953 het hy met 'n Fulbright-beurs sy nagraadse studie in die VSA voortgesit. Twee jaar later verwerf hy 'n MA in musiekwetenskap aan die Harvard Universiteit, en hy ontvang ook 'n gesogte beurs om onder die bekroonde Aaron Copland by die Tanglewood-somerskool te studeer. Hy word in 1956 as lektor in teorie en komposisie aangestel by die Peabody Musiek-konservatorium in Baltimore, Maryland. In 1972 keer Grové terug na Suid-Afrika en is sedert 1973 dosent en later professor in komposisie aan die Universiteit van Pretoria (Grové 1990:28). In die daaropvolgende dekade begin Grové geleidelik om 'n vroeëre opinie, naamlik dat tradisionele Afrika-elemente nie as produktiewe bron van inspirasie vir ware Suid-Afrikaanse kunsmusiek kan dien nie, te hersien. Die gevolg was dat hy op die ouderdom van 62 jaar 'n koersverandering as komponis ingeslaan het. Grové begin in 1984, 10 jaar vóór die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika, om Afrika- en Westerse musiek te verenig in die Sonate op Afrika motiewe. Hierin vermeng hy Euro-en Afrosentriese style op onderskeidende wyse, en vandag is hy internasionaal bekend vir sy uitgebreide en wyd-uiteenlopende Afrika-oeuvre. In hierdie artikel val die klem op Grové se gebruik van die eksotiese element en sal aangedui word hoe 'n interpretasie daarvan 'n kulturele vertaling bewerkstellig. Meer nog, in vergelyking met ander Westerse en Afrika-komponiste is Grové se Afrika-geïnspireerde idioom, waarvan die assimilasie en herfatsoenering van Afrika-beelde en tradisionele elemente kenmerkend is, by uitstek die simbool van 'n rapprochement tussen die diverse kulture van Suid-Afrika (Muller 2006a:1-7).

Palabras clave : Kulturele vertaling; eksotiese; mbira; duimklavier; Suid-Afrikaanse kompo-niste; Suid-Afrikaanse musiek; kulturele uitruiling; wedersydse vertaling; kultuurteorie; assimilasie..

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons