SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2Yemoja in moments: A performer's perspectiveThe contribution of Stefans Grové's Raka to the Raka discourse índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Resumen

SWART, Inette. Mistieke klankwêrelde in Stefans Grové se musiek met spesifieke verwysing na sy Towermusiek vir klavier. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.2, pp. 204-230. ISSN 2224-7912.

Nuwe idees vir komposisies kom dikwels in drome na die komponis Stefans Grové. Hierdie artikel ontgin die prosesse wat inherent is aan die skep, herskep en waardering van Grové se unieke klankwêrelde, waar die stiltes tussen die note, asook die botone, dikwels net so belangrik soos die dissonante self is - wat hy "kleurvolle harmonieë" noem. Dié musiek van Grové verg van die luisteraar 'n begrip van die programmatiese aard daarvan, sowel as 'n sterk visuele verbeelding, die vermoë om klank in beelde te kan "vertaal" en 'n ontvanklikheid vir nietradisionele strukture en harmonieë. Die musikale styl van hierdie 90-jarige komponis het 'n geleidelike transformasie gedurende sy loopbaan ondergaan, van musiek wat in neoklassieke, impressionistiese en ekspressionistiese style van die Westerse tradisie ingebed is, tot die post-1984 musiek wat Afrika verklank. Sy Towermusiek vir klavier vertoon sterk ooreenkomste met Gaspard de la nuit van Maurice Ravel - albei is impressionistiese, programmatiese werke, en albei bevat sterk mistieke elemente. Hy put inspirasie uit Afrika-kulture, -melodieë, en -ritmiek, en veral uit Venda-legendes, maar soos wat duidelik word in hierdie artikel, strek sy musikale verbeelding dan ook vanaf dit wat hy by die huis hoor tot ver anderkant ons landsgrense. Deur ons tradisionele musiekbeluistering te oorskry kan ons ook toegang kry tot Grové se besonderse klankwêrelde.

Palabras clave : Stefans Grové; klankwêreld; musikale verbeelding; programmusiek; Afrika-invloed; impressionisties; kiemsel; kettingvorm; Gaspard de la nuit; Towermusiek; mistiek; herskep..

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License