SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número2Between Bethlehem and Bloubergstrand: from the old towards the own in Stefans Grové's oeuvre"African Inventions": Stefans Grové's Liedere en danse van Afrika as fictions índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

JORDAAN, Gerrit. Stefans Grové se Afrika Hymni as evokatiewe klankskildering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.2, pp.170-186. ISSN 2224-7912.

Stefans Grové, een van die grootste komponiste wat Suid-Afrika nóg opgelewer het, skep in sy drie Afrika Hymni vir konsertorrel innoverende klankuitbeeldings van Afrika. Musikoloë meen dat die sleutel tot die ontsluiting van Grové se idioom in sy klankskildering as vertaling van visuele beelde lê. Die Afrika wat Grové as verwysing gebruik, is 'n persoonlike, innerlik verbeelde Afrika. Konvensionele middele soos pentatoniese melodiese fragmente en pulserende ritmiek word gebruik om Afrika-kultuur te suggereer. In beskrywende titels, programnotas en vertellings prikkel hy die luisteraar om die verbeeldingstog met hom te deel. Hy gebruik beelde uit die Afrika-natuur en -kultuur, asook die klank van tradisionele Afrika-instrumente as inspirasie om verbeeldingryke teksture te skep. Die gebruik van 'n komplekse, wisselende klankkleurpalet in sy orrelmusiek is opvallend. As orrelis en begaafde improvisator gebruik hy sy kennis van die instrument om besonder sensitief met die orrelklank om te gaan. Grové sien in detail om na die artikulasie en klankkleur van elke noot. Hy gebruik verskeie tegnieke om die statiese orreltoon te manipuleer, soos gebruikmaking van die swelpedaal, manuaalwisseling, innoverende artikulasie en registrasie. Die tegniese moeilikheidsgraad en detail het tot gevolg dat orreliste twee keer dink voordat hulle hierdie werke aanpak. Nogtans is die Afrika Hymnus nr. 1 die enigste werk waarvoor hy opvolgwerke geskryf het en is dit een van die mees gespeelde en opgeneemde werke in sy oeuvre.

Palabras clave : Stefans Grové; orrel; orrelmusiek; Suid-Afrika; musiek uit Afrika; Afrika Hymnus; evokasie; klankbeelding/klankskildering; tekstuur; artikulasie; timbre/klankkleur.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons