SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número1Representations of violence in Slaghuis (2007) and Skrapnel (2011) by playwright Willem AnkerAn introduction and interpretation of Niklas Luhmann's theorising from within communication theory as a field índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Resumen

KIRSTEN, Johanita. Totius en die standaardisering van vroeg-moderne Afrikaanse werkwoorde. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.1, pp. 60-75. ISSN 2224-7912.

In Afrikaanse diachroniese taalkunde is daar voorheen grotendeels gefokus op die ontstaans-geskiedenis en vroeë ontwikkeling van Afrikaans uit Nederlands. Deur die loop van die twintigste eeu het 'n tradisie van ondersoek ontstaan wat Kaaps-gekleurde tekste in fyn besonderhede ondersoek het, en die stabilisering van Afrikaans so vroeg as die einde van die agtiende eeu gedateer het. Onlangs het hierdie aanname egter kritiek begin ontvang. Daar is aangetoon dat daar tot in die twintigste eeu nog omvangryke variasie in die Afrikaanse skryftaal in persoonlike briewe was (Deumert 2004), en hierdie studie ondersoek die variasie in gepubliseerde skryftaal. Daar word gefokus op die werkwoord, aangesien die verandering van die Nederlandse na die Afrikaanse werkwoordsisteem omvangryk is. Hierdie studie gebruik korpuslinguistiese ondersoekmetodes, en ondersoek die Nederlands-Afrikaanse variasie in werkwoorde in gepubliseerde Afrikaanse tekste aan die hand van drie korpusse. Die korpusse is saamgestel uit al die Afrikaanse bydraes van Totius (J.D. du Toit) in die publikasie Het Kerkblad van 1916 tot 1922, uittreksels uit gepubliseerde Afrikaanse boeke, en uittreksels uit Afrikaanse tydskrifte. Hierdie data wys dat daar in die vroeg-twintigste eeu nog heelwat Nederlands-gekleurde variasie in Afrikaans was, en die korrelasie tussen die korpusse impliseer dat die skryftaal moontlik nader aan die spreektaal was as wat vroeër aangeneem is. Dit word bevestig deur die aandag wat variasie in normatiewe bronne van die tyd geniet het. Die studie toon ook die rol wat Totius as prominente taalgebruiker gespeel het in standaardisering, en iets meer van die dinamiek van die aanvanklike standaardisering van Afrikaans.

Palabras clave : Afrikaans; Nederlands; werkwoorde; Totius; korpus; korpuslinguistiek; skryftaal; variasie; norme; standaardisering.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License