Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
COETSER, Johan. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.1, pp.45-59. ISSN 2224-7912.
Die doel met hierdie artikel is om vas te stel hoe die konseptuele metafore geweld is literêre weerwraak en geweld is globale terrorisme in twee dramas deur Willem Anker na vore tree. Daar word in die bespreking voorgestel dat Anker se dramas onder andere onder invloed van Sarah Kane se dramas, veral Crave (2001), staan. In Slaghuis (2007) neem die voorstellings van geweld die aard aan van literêre weerwraak. Daarin eis die karakters wat die dramaturg uit romans deur Etienne Leroux oorgeneem het, dat Leroux (wat as 'n karakter in die teks teenwoordig is) hulle sal klaar skryf. Hy weier, met die gevolg dat sy eie karakters hom koelbloedig in 'n fiksionele slaghuis-op-die-verhoog om die lewe bring. In Skrapnel (2011) speel die voorstellings van geweld teen die agtergrond van die bestaan van globale geweld af. Hierdie voorstellings hou met die geweld onderliggend aan 'n geslag ontheemde jong Suid-Afrikaners se buitelandse diasporiese ballingskap verband. Die hoofkarakters se verhouding bied verder 'n weerspieëling van nihilistiese geweld wat teen die agtergrond van internasionale terreur afspeel, naamlik die aanval op die Londense moltreinstelsel in 2005 en die aanval op twee toringgeboue in New York in 2001. Uiterstes van geweld kom ook in Adriaan Meyer se drama Prinsloo versus (2009) en Marlene van Niekerk se Die kortstondige raklewe van Anastacia W [sj] voor. Hierdie bespreking bevestig Brink (2010) se uitspraak dat nuwe vorme van voorstelling en uiterstes van geweld tans kenmerkend van sommige tekste in die Afrikaanse drama is.
Keywords : Willem Anker; Slaghuis; Skrapnel; geweld; literêre weerwraak; nihilisme; globalisering.