SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue1The liberal welfare state: democracy or meritocracy?On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysis author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

JACOBS, Gerrie J; DE BRUIN, Karina  and  JACOBS, Melanie. Praktyke en strategieë wat 'n kwaliteitsetos aan hoëronderwysinstellings behoort te koester. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.1, pp.16-29. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel fokus op die laaste twee fases van 'n navorsingsprojek, wat oor dertien jaar (1998 tot 2011) en vier fases gestrek het, en kwaliteitspraktisyns van Suid-Afrikaanse, asook van internasionale hoëronderwysinstellings, betrek het. Die projek het eerstens gepoog om bydraende faktore tot 'n kwaliteitskultuur te identifiseer en tweedens om strategies en praktyke te genereer wat 'n grondliggende kwaliteitsetos aan hoëronderwysinstellings kan koester en uiteindelik sou kon vaslê. Fase een (1998 tot 2001) het daarna gestreef om die heersende kwaliteitskultuur van elkeen van die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit se ses fakulteite te probeer peil. Fase twee (2002 tot 2004) het gefokus op moontlike veranderinge in kwaliteitskulture en grondliggende kwaliteitsentimente van hierdie fakulteite. Fase drie van die projek (2005 tot 2008) het aanvanklik op die "nuwe" Universiteit van Johannesburg gefokus en het twee institusionele en een nasionale werkswinkel in die getransformeerde Suid-Afrikaanse hoëronderwyslandskap ingesluit. Fase vier het vyf werkswinkels, wat tussen 2008 en 2011 by internasionale hoëronderwyskongresse met gebruikmaking van die waarderende ondersoekmetode gefasiliteer is, geïnkorporeer. Sewe bydraende faktore tot 'n institusionele kwaliteitskultuur, asook sewe praktyke of strategies, wat 'n grondliggende kwaliteitsetos aan instellings kan koester en sou kon vaslê, verteenwoordig die projek se hoofbevindinge. Dit is merkwaardig dat die projekresultate volledig ooreenstem met die uitkomste van die kwaliteitskultuurprojek (2002 tot 2009) van die Vereniging van Europese Universiteite (European University Association (EUA)). Die hoofgevolgtrekking was dat die vaslegging van 'n kwaliteitsetos grootliks afhang van die mate waarin die institusionele kwaliteitsbenadering in sinergie is met (veral akademiese) personeel se gedeelde waardes, oortuigings en verwagtinge.

Keywords : kwaliteit; kwaliteitsetos; kwaliteitskultuur; hoëronderwys; Hoër-onderwyskwaliteitskomitee; kwaliteitsbevordering; kwaliteitsversekering; fakulteitskwaliteit; instellingskwaliteit; waarderende ondersoekmetode; kwaliteit in hoëronderwys; Randse Afrikaanse Universiteit; Universiteit van Johannesburg.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License