Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
VAN MARLE, Karin. Regstudie, die geesteswetenskappe en enkele gedagtes rondom geregtigheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.749-760. ISSN 2224-7912.
In die artikel besin die outeur oor die verhouding tussen die reg en die geesteswetenskappe in die konteks van die nasleep van apartheid. Sy spreek kommer uit oor die algemene sentiment wat voortspruit uit die ASSAf-verslag en Handves vir die Geestes- en Sosiale wetenskappe, wat 'n eng funksionalistiese, nie-intrinsieke waarde aan hierdie dissiplines toedig. Ulrike Kistner se steun vir 'n derde ruimte vir die kritiese geesteswetenskappe wat in die teken staan van Hannah Arendt se omskrywing van vryheid (te onderskei van bevryding) word ondersteun. Tradisionele benaderings tot die reg wat die reg as 'n outonome dissipline beskou, is nie oop vir die moontlike invloed en waarde van die geeswetenskappe vir regstudie en regsopvoeding nie. Die outeur staan egter self krities teenoor die mate waarin sommige regsgeleerdes steun op multidissiplinêre perspektiewe, aangesien hierdie perspektiewe ook 'n eng funksionalistiese benadering tot die geesteswetenskappe volg. Ter afsluiting bespreek sy kortliks voorbeelde van 'n respekvolle omgang met die geesteswetenskappe as deel van 'n besinning oor geregtigheid.
Palavras-chave : kritiese regstudie; reg, geregtigheid; geesteswetenskappe; multidissiplinêre perspektiewe; kollegialiteit; kritiese geesteswetenskappe; spraak; nuwe humanisme.