SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4Sciences of the spirit: Free or enslaved índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Resumen

VAN MARLE, Karin. Regstudie, die geesteswetenskappe en enkele gedagtes rondom geregtigheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp. 749-760. ISSN 2224-7912.

In die artikel besin die outeur oor die verhouding tussen die reg en die geesteswetenskappe in die konteks van die nasleep van apartheid. Sy spreek kommer uit oor die algemene sentiment wat voortspruit uit die ASSAf-verslag en Handves vir die Geestes- en Sosiale wetenskappe, wat 'n eng funksionalistiese, nie-intrinsieke waarde aan hierdie dissiplines toedig. Ulrike Kistner se steun vir 'n derde ruimte vir die kritiese geesteswetenskappe wat in die teken staan van Hannah Arendt se omskrywing van vryheid (te onderskei van bevryding) word ondersteun. Tradisionele benaderings tot die reg wat die reg as 'n outonome dissipline beskou, is nie oop vir die moontlike invloed en waarde van die geeswetenskappe vir regstudie en regsopvoeding nie. Die outeur staan egter self krities teenoor die mate waarin sommige regsgeleerdes steun op multidissiplinêre perspektiewe, aangesien hierdie perspektiewe ook 'n eng funksionalistiese benadering tot die geesteswetenskappe volg. Ter afsluiting bespreek sy kortliks voorbeelde van 'n respekvolle omgang met die geesteswetenskappe as deel van 'n besinning oor geregtigheid.

Palabras clave : kritiese regstudie; reg, geregtigheid; geesteswetenskappe; multidissiplinêre perspektiewe; kollegialiteit; kritiese geesteswetenskappe; spraak; nuwe humanisme.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License