SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DE BEER, Fanie. Geesteswetenskappe: Vry of verkneg. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.732-748. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel probeer aantoon in watter mate die geesteswetenskappe geannekseer word tot 'n posisie van knegskap aan ekonomistiese, managerialistiese, informasionistiese en reduksionistiese ideologieë. In die proses word hulle beroof van wat die mees eie aan hulle is en word hulle daardeur effektief verhinder om hul deurslaggewende, kennismatige, eties-transformasionele rol in die samelewing, in gemeenskappe en in institusionele kontekste (wetenskapkontekste ingesluit) te vervul. Die geesteswetenskappe word opgeroep om nie toe te gee aan die drastiese aftakeling en uiteindelike opoffering van hul mees eie taak wat aan hulle opgedwing word nie, soos onder andere deur ASSAf se konsensusdokument en die Manifes vir die Geestes- en Sosiale wetenskappe van die Departement van Hoër Onderwys bepleit nie, maar om hierdie taak (dit is hulle dwingende alternatief) doelgerig en roepingsbewus her-op-te-neem tot selfbevryding en samelewings-bevryding (wat insluit wetenskap en institusionele bevryding). So 'n strategie sal hulle in staat stel om inventief te werk aan die vyf sake wat bespreek is: omvattende geletterdheid (lees, skryf, dink), waarheid (in al die manifestasies daarvan), kennis (inligting en wetenskap), sin (en wêreld), mens (gees, die geestelike en geestelikheid), met laasgenoemde as die voorwaarde vir al die ander en waarsonder globale katastrofe die mensheid onteenseglik bedreig.

Palavras-chave : Geesteswetenskappe; vryheid; verknegting; alternatief; uitdaging; menswees; waarheid; kennis; geletterdheid; wêreld; sin.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons