SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

HOFMEYR, Benda. Nut of' gees? Die stand van die geesteswetenskappe in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.719-731. ISSN 2224-7912.

In hierdie bydrae word die bevindinge en aanbevelings van die Academy of Science of South Africa (ASSAf) se verslag oor die toestand waarin die geesteswetenskappe in Suid-Afrika verkeer wat in 2011 gepubliseer is, krities onder die loep geneem. Na 'n kort opsomming van die belangrikste gevolgtrekkings van die verslag, word 'n kritiese blik op die metodologie van die sogenaamde "konsensusstudie" gewerp. Daarna word die aandag gevestig op bepaalde vooronderstellings waarop die wyer debat rondom die stand van die geesteswetenskappe berus. ASSAf se bevindinge op grond waarvan hulle ook bepaalde aanbevelings maak oor hoe die gediagnoseerde krisis aangepak kan word, poog om 'n aantal van hierdie problematiese vooronderstellings te bevraagteken. By nadere ondersoek blyk hierdie (laasgenoemde) pogings egter net 'n skynprotes te wees teen die instrumentele logika van die heersende neoliberale bestel wat in werklikheid die verslag se pleidooi onderlê. Die belangrikste vooronderstellings sluit in: (1) die vooronderstelde waterskeiding tusssen die geesteswetenskappe en die natuur- of eksakte wetenskappe; (2) die onkritiese aanname dat enige vorm van wetenskap (ook die geestesweten-skappe) "regstreeks bruikbaar" moet wees. (3) Laastens, die vooronderstelling dat "die geesteswetenskappe" na 'n konsekwent gedefinieerde en koherente geheel verwys terwyl dit in werklikheid 'n sambreelterm is wat in verskillende kontekste (in díe verslag teenoor ander verslae asook die breër debat, byvoorbeeld) verskillend aangewend word en dikwels 'n ander versameling dissiplines saamgroepeer. Ten slotte, lig ek my pleidooi ten gunste van die "nieregstreekse bruikbaarheid" van die geesteswetenskappe toe aan die hand van die dekonstruktiewe strategie wat die binêre logika van nut-of-niks wil uitdaag met 'n "beide/en"-benadering wat daarop aandring dat die nieregstreekse nuttigheidswaarde van kritiek 'n noodsaaklike voorvereiste is vir werkbare alter-natiewe oplossings

Palabras clave : geesteswetenskappe; krisis; Suid-Afrika; nut; nieregstreekse bruikbaarheid; instrumentalisme; neoliberalisme; Ubuntu; gees; konsensusstudie; Academy of Science of South Africa (ASSAf); kritiek; dekonstruksie; binêre logika; dubbelbinding; beide/en.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons