SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GOOSEN, Danie. Oor die Geestelike. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.707-718. ISSN 2224-7912.

In die artikel word uitgegaan van die standpunt dat die geestelike ten grondslag van die geesteswetenskappe in 'n krisis verkeer. Ter motivering hiervan word die volgende aangevoer. In die eerste afdeling word geluister na 'n historiese wenk vanuit die verlede. Ten grondslag van hierdie historiese verwysings (in die besonder na die Hoë Middeleeue en die ervaring van die geestelike soos wat dit onder meer in die Gotiese katedraal na vore tree) lê die gedagte dat daar inderdaad historiese voorbeelde bestaan op grond waarvan afgelei kan word dat die geestelike vandag in 'n krisis is. In die tweede afdeling word verwys na die moderne breuk tussen die geestelike en die materiële en die verskralende werking wat dit op die betekenis van sowel die geestelike as die materiële in die moderne wêreld het. In die derde en laaste afdeling word die krisis van die gees in verband gebring met die moderne historisme en in die besonder met die feit dat die geestelike vanweë die historisme van sy opdraggewende gesag (sy "behoort") gestroop word. Hierdie toestand lei daartoe dat die geesteswetenskappe weerloos in die aangesig van die dominante neoliberale denkraamwerk aan openbare instellings gelaat word.

Keywords : gees; geestelik; Hoë Middeleeue; Aquinas; modernisme; feite en waardes; Bildung; historisme; neoliberaal; moderne universiteite.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License