SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

KLEYNHANS, E. Die effek van dalende goudmynproduksievlakke op indiensname in die Dr. Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.678-704. ISSN 2224-7912.

In hierdie studie word die potensiaal van verskeie ekonomiese sektore in die Dr. Kenneth Kaunda Distriksmunisipaliteit (DKKDM), Noordwes-provinsie, Suid-Afrika, om werk te skep, ondersoek. Die doel van die studie is om sektore te identifiseer wat die potensiaal besit om in die toekoms volhoubaar werk te kan skep. Die DKKDM bestaan uit die plaaslike munisipaliteite van Matlosana (Klerksdorp), Potchefstroom (Tlokwe), Maquassi Hills (Wolmaransstad, Leeudoringstad, Makwassie en Witpoort) en Ventersdorp. Die ekonomieë van hierdie munisipaliteite steun sterk op die goudmynbedryf. Die reserwes van Suid-Afrikaanse goudmyne is besig om te daal en talle mense in die mynbedryf gaan in die afsienbare toekoms hul werk verloor - met al die ontbering en ontwikkelingsuitdagings wat daaruit gaan voortvloei. As navorsingsmetodologie vir hierdie studie is aandeelverskuiwingsontleding benut; 'n tegniek wat dikwels aangewend word in die ekonomiese geografie. Dit verleen insig in die verskuiwings van werksgeleenthede en produksie tussen verskillende sektore asook ruimtelik oor tyd. Dit toon ook die nasionale aandeeleffek op indiensname in die streek, asook die effek van die streek se unieke nywerheidsamestelling en sy ekonomiese mededingendheid. Daar is bevind dat die vervaardigingsubsektore met die hoogste werkskeppingspotensiaal in die DKKDM-streek die vervaardigers van vervoertoerusting, hout en papierprodukte, metaalprodukte en meubels is; terwyl die niemetaalprodukte-sektor ook potensiaal toon. In die dienstesektor, wat die vervaardigingsektor, landbou en mynbou ver oortref, is die grootste potensiële skeppers van werksgeleenthede eiendom, konstruksie, motor- en brandstofverkope en motoronderhoud, ander sakebedrywe en ander dienste. In toekomstige ontwikkelingsprogramme van die gebied behoort hierdie sektore voorkeur te geniet.

Palabras clave : Vervaardiging; indiensneming; werkskepping; mededingendheid; mikro-ekonomie; fabriekswese; mynbou; firmavlak; ekonomiese geografie; aandeelverskuiwingsontleding; industriële ekonomie; nywerheidsont-wikkeling; stads- en streeksbeplanning; ruimtelike ekonomie.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons