SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN WYK, Yolanda; PIENAAR, Anita E.  y  COETZEE, Dané. Die effek van intervensie op okulêre motoriese be-heerfunksies en visueel-motoriese integrasiestatus van 6- tot 8-jarige leerders met ADHD. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.660-677. ISSN 2224-7912.

Die doel van die studie was om te bepaal of okulêre motoriese beheer en visueel-motoriese integrasie van jong leerders met ADHD sal verbeter na deelname aan 'n 9-week okulêre motoriese intervensieprogram. Sewe en veertig leerders (25 seuns en 22 dogters) met 'n gemiddelde ouderdom van 6.95 jaar (sa=0.69) is verdeel in drie groepe: 'n eksperimentele groep met ADHD (n=20) wat deelgeneem het aan die intervensieprogram; 'n kontrolegroep wat bestaan het uit leerders met ADHD (n=10) en 'n groep sonder ADHD (n=17). Die Sensoriese Invoersiftingsmeetinstrument en die "Quick Neurological Screening Test II" (QNST-II) is gebruik om die okulêre motoriese beheerstatus van die leerders te bepaal, terwyl die "Beery-Buktenica Developmental Test of Visual-Motor Integration 4" gebruik is om visueel-motoriese integrasie te assesseer. Kruistabellering is gebruik om verbetering van okulêre motoriese beheer te bepaal, wat matige verbetering ten opsigte van die ernstige probleme met visuele navolging en konvergensie-divergensie by die intervensiegroep getoon het. Afhanklike t-toetsing is verder gebruik om die intervensie-effek met betrekking tot visueel-motoriese integrasie, motoriese koördinasie en visuele persepsie te ontleed, waaruit betekenisvolle verbetering (p<0.05; d=0.38) in die motoriese koördinasie van die intervensiegroep geblyk het.

Palabras clave : ADHD; okulêre motoriese beheer; oogspiere; visueel-motoriese integrasie; visuele persepsie; motoriese koördinasie; intervensie; fiksasie; visuele navolging; okulêre belyning; konvergensie-divergensie; ADHD; ocular motor control; eye muscles; visual-motor integration; visual perception; motor coordination; intervention; fixation; visual pursuit; ocular alignment; convergence-divergence.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons