SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER MERWE, Petro. 'n Skoolgebaseerde sosiaal-emosionele program as strategie teen misdaad en geweld (2). Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.646-659. ISSN 2224-7912.

Die doel van hierdie studie is om die verband tussen Emosionele Intelligensie (EI) in die klaskamer en leerders se gedrag te bepaal. In die proses word daar ook riglyne geformuleer vir die basiese stappe om EI in die klaskamer in te span. Sodoende kan die probleem van geweld en die uitdagings van sosiaal-emosionele intervensies in skole meer suksesvol aangespreek word tot voordeel van al die betrokkenes in die skoolkonteks sowel as die samelewing in die geheel. In hierdie studie word kwalitatiewe navorsing as hoofnavorsingsmetode gebruik om die impak van EI in die klaskamer op leerders se gedrag te identifiseer. Daar word gebruik gemaak van deelnemende-aksie-navorsing, wat binne 'n kritiese paradigma uitgevoer word. Onderwysers, skole en ondersteuningspersoneel se einddoel is die optimale ontwikkeling van leerders. Hierdie doel is afhanklik van doeltreffende skoolbestuur, wat weer afhanklik is van 'n toereikende kurrikulum en ondersteunende onderrig- en leeromgewings. Hierdie navorsing het dan ook gekyk hoe suksesvol EI-onderrigstrategieë in die voorkoming van dissiplineprobleme kan wees. Die gebruik van EI in die klaskamer kan as voorkomende dissipline gesien word. Hierdie navorsing toon onteenseglik dat EI die kernelement van 'n sosiaal-emosionele skool-intervensieprogram program moet wees. Positiewe dissipline, demokratiese skoolbestuur en ondersteuning-strukture is ook tydens die studie geïdentifiseer as elemente wat in 'n sosiaal-emosionele intervensieprogram teenwoordig behoort te wees.

Palabras clave : Wangedrag; leerders; onderwysers; klaskamerpraktyke; skoolgeweld; emosionele intelligensie-onderrigmetodes; verkryging van emosionele vaardighede; sosiaal-emosionele skool-intervensieprogram; positiewe dissipline; sosiale gedrag; interpersoonlike vaardighede; aksie-navorsing; selfrefleksie; waarneming.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons